Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Suid-Afrika se landboulandskap is gereed vir 'n normale tot goeie jaar aangesien die nasie 'n belowende rosyntjie-oes in 2024 verwag. Gunstige weer toestande, toegewyde boerderypraktyke en innoverende landboutegnieke is aspekte om die weg te lê vir 'n belowende oes.
Volgens ‘n persverklaring wat teen einde 2023 van SA Raisins ontvang is, was die klimaat gunstig vir die meeste van SA se wingerde, dit sluit in weerpatrone, insluitend goed verspreide reënval en oorgenoeg sonlig, wat bydra tot die ideale klimaat vir druifverbouing. 

Read more …SA Raisins sien uit na ‘n belowende rosyne oes

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Raadslid by ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit en algemene assistent - in diens van Dr Harry Surtie Hospitaal in Upington - is op voorsorg skorsing geplaas, omdat hy daarvan beskuldig word dat hy twee vyfliter bottels Staysoft en ‘n vyfliter bottel Sunlight skottelgoedwasmiddel uit die hospitaal se Tuberkulose-eenheid gesteel het.
Luidens die aanklagte het, Deeyone De Koker, na bewering die departement van gesondheid in oneer gebring en probeer om die departement te bedrieg deur die skoonmaakmiddels -  wat aan die staat behoort het - sonder die toestemming van sy toesighouer op 23 Junie te verwyder.

Read more …ZFM Raadslid by Harry Surtie geskors vir diefstal van skoonmaakmiddels

GEMSBOK-UPINGTON:  Upington se waterkrisis het die afgelope week oorgegaan in dreigende waterbeperkings, ten spyte van aansienlike koste wat oor die afgelope jaar aangegaan is om die infrastruktuur vir water te verbeter. 
Inwoners van Klippunt en Kalksloot was in Februarie 2023 baie opgewonde toe ‘n nuwe pyplyn water aan hierdie gemeenskappe begin lewer het. Tans voorsien dit egter geen water nie en huishoudings word deur watertenkwaens bedien. 

Read more …Rivierstad sonder water!

GEMSBOK-UPINGTON: Die premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, het saam met die LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, Nomandla Bloem en die provinsiale kommissaris, lt gen Koliswa Otola,  die 2de kwartaal Misdaadstatistiek by die Premier se kantoor in Kimberley vrygestel.  
Die verrigtinge het begin met die oorsig van die misdaadstatistieke vir die tydperk Julie tot September 2023 deur die provinsiale hoof vir misdaadregistrateur, brig Samuel Mathe.
Tydens haar openingstoespraak het lt.genl. Otola gesê dat die misdaadstatistieke alle misdade wat in die Noord-Kaapprovinsie, teen diegene wat in die provinsie woon en diegene wat ongelukkig was om ons provinsie te besoek en uiteindelik slagoffers van een of ander soort misdade was, insluit.

Read more …92 Polisiestasies moet NK misdaad bekamp

GEMSBOK-UPINGTON: Nadat hy verlede naweek ‘n sosialemedia-plasing oor die verval van die Sakkie se Arkie terrein gemaak het - het Igshaan Sulliman, ‘n amptenaar van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, nie net kennis ontvang dat hy geskors kan word of nie langer die munisipale kantore mag betree nie - maar hy het dit op homself geneem om dienslewerings te korte van die munisipaliteit nou onder die vergrootglas te bring.

Read more …Keelvolle amptenaar maak stem dik

More Articles …