Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KATHU: In twee onderskeidelike voorvalle het die polisie op Kathu die handel in dwelms en vermoedelik gesteelde koper behoorlik gekniehalter.
‘n 29-jarige Nigeriese burger is Dinsdag vir dwelmhandel in hegtenis geneem, nadat die polisie op ‘n huis in Kathu toegeslaan het en heelwat tik en mandrax ontdek het.
Die Kathu sapd se misdaadvoorkomingseenheid het - met die bystand van die Kuruman K9 en misdaadintelligensie-eenhede - Dinsdag omstreeks 12:00 ‘n vermeende dwelmhandelaar in hegtenis geneem.

Read more …Dwelm- en koperhandelaars loop hulle vas

GEMSBOK-UPINGTON: Die Keimoes SAPD ondersoek ‘n saak van strafbare manslag, nadat ‘n trompop botsing tussen twee voertuie plaasgevind, die dood van vyf mans veroorsaak het.
Op Saterdag, 30 Maart 2024 omstreeks 17:45 het die botsing met ‘n VW Tiguan en VW Polo op die N14 Hoofweg naby Keimoes plaasgevind.
Die VW Tiguan het vier Suid-Koreaanse manlike passasiers gehad en was van Kakamas na Upington op pad. 
Een insittende is op die toneel dood, terwyl die ander drie mans hospitaal toe geneem is vir mediese behandeling.
Al vier manlike insittendes wat in die VW Polo reis, wat Kakamas-inwoners is, is ongelukkig op die toneel dood.
Die polisieondersoek duur voort.

GEMSBOK-UPINGTON: Die verskerpte polisie-operasies van die afgelope Paasnaweek, het gelei tot die aankeer en arrestasie van 462 verdagtes vir ‘n reeks oortredings.
Altesaam 18 215 polisie-aksies en -aktiwiteite is gedurende hierdie tydperk uitgevoer, wat voer-tuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoe-kings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelms en opsporingsoperasies deur speurders ingesluit het.
Voertuigkontrolepunte en talle padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 4 331 voertuie en 9 911 persone voorgekeer en deursoek is.

Read more …462 oor Paasnaweek gearresteer

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Die Noord-Kaapse LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake, Bentley Vass, het gewaarsku dat dringende stappe geneem moet word om die ontbinding van !Kheis Plaaslike Munisipaliteit te voorkom.
Die SA Munisipale Werkersunie (Samwu) in die Noord-Kaap het verlede maand gevra dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas word aangesien salarisse sedert Desember nie betaal is nie.
Die hoof van kommunikasie by Coghsta, Tebogo Monyo, het gesê die munisipaliteit het ernstige finansiële uitdagings ervaar asook arbeidsgeskille en pensioen- en derdeparty-betalings wat agterstallig was.

Read more …LUR versoek dringende oprede om !Kheis situasie te beredder

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Springbok K9-eenheid, Openbare Orde Polisie, SAPD Grenspolisie, Departement van Binnelandse Sake en SAID Doeane het toegeslaan op verskeie winkeleienaars van Bangladesj en beslag gelê op tabakprodukte ter waarde van sowat R1 miljoen.
Op Vrydag, 08 Maart 2024, omstreeks 11:00, het die operasionele span inligting oor beweerde vervalste sigarette en tabakprodukte opgevolg en op vyf winkels in Bergsig, Carolusberg en Okiep in Springbok toegeslaan.
Die span het beslag gelê op 217 kartonne sigarette en ‘n groot hoeveelheid Afzal-tabak met ‘n geraamde straatwaarde van R1 miljoen.

Read more …R1 miljoen se onwettige sigarette afgevat

More Articles …