Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-POSTMASBURG: Die onwettige mynbou-multi-dissiplinêre span, Operasie Vala Umgodi, het misdaadvoorkomingsoperasies uitgevoer en intelligensie-gedrewe inligting oor beweerde dwelmaktiwiteite wat in Postmasburg plaasvind, opgevolg.
Inligting het gelei tot die klopjag op geïdentifiseerde dwelmhuise op Vrydag, 03 Mei 2024.
Tydens die operasie is nege (9) manlike verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 48 jaar oud gearresteer vir die onwettige besit van vermoedelik dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R22 000, besit van ammunisie en besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Read more …Dwelms en uniforms in klopjag gekry

GEMSBOK-UPINGTON: Die provinsiale kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die afgelope week weer bekelmtoon  dat Operasie Shanela steeds selfgeldend is - met meer stewels op die grond vir die bekamping van kontakmisdade, dwelmhandel, GBVF en om die ruimte vir misdadigers te bekamp.
Die verskerpte polisie-operasies wat op Maandag, 29 April 2024 tot Sondag, 05 Mei 2024 begin het, het gelei tot die aankeer en arrestasie van 381 verdagtes vir ‘n reeks oortredings.
Talle polisie-aksies en -aktiwiteite is gedurende hierdie tydperk uitgevoer, wat voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies en opsporingsoperasies deur speurders ingesluit het.

Read more …Operasie Shanela lewer nog weeklikse suksesse

GEMSBOK-HONDEKLIPBAAI: Kleinskaalse vissers  word dalk eersdaags genoodsaak om die departement van bosbou, visserye en die omgewing (DFFE) hof toe te sleep,  oor die aantal bote wat aan hulle toegeken is om lynvis te vang.
Op 4 Maart het die departement aangekondig dat 377 vaartuie toegeken is. Voorheen is 300 toegeken onder die tussentydse verligting vir klein vissers, wat verlede jaar geëindig het toe die departement die erkenning van kleinskaalse visvangregte gefinaliseer het. Maar klein vissers sê 377 is ver van genoeg vir die 12 000 erkende kleinskaalse vissers.
Altesaam 359 van 377 bote is vir vissers van Port Nolloth na Kaap Infanta toegeken. Die aantal vaartuie vir die Aukotowa-koöperasie in Port Nolloth is van 15 tot vyf gesny. Die koöperasie het vir 18 aansoek gedoen. Die situasie saai erge konflik onder die vissers.

Read more …NK vissers word lamgelê

GEMSBOK-POPRT NOLLOHT: Die kleinskaalse vissers en selfs vissers koöps soos die Aukatowa-koöperasie van Port - Nolloth, sukkel al vir jare om  - te midde van die diamantvelde van die Noord-Kaap - te floreer, aangesien die staatsbeheerde mynmaatskappy Alexkor sy toegang tot die see beperk en visgronde afbreek.
Port Nolloth is ‘n klein kusdorpie sowat 80 km suid van die Oranjeriviermond, in die Richtersveld-munisipaliteit van die Noord-Kaap. Oorspronklik gevestig as ‘n hawe waardeur die koper wat na die binneland ontgin is, verskuif kan word, het dit ‘n oplewing beleef met die ontdekking van diamante in die 1920’s en weer later met die begin van ‘n kommersiële visbedryf.
Vandag verdien inwoners hul brood deur kleinskaalse visvang, kleinskaalse diamantontginning, werk wat verband hou met diamantontginning of “grawe”  in informele mynbou in geslote myne.

Read more …Wurggreep op Noord-Kaapse vissers ondersoek

GEMSBOK-KURUMAN: Die Kuruman-polisie het beslag gelê op vier vuurwapens en ammunisie en twee mans suksesvol gearresteer ná ‘n operasie in Kuruman.
Op Vrydag, 19 April 2024 om ongeveer 07:00 het lede van John Taolo Gaetsewe Distriks-hoofwegpatrollie bygestaan deur die Openbare Orde Polisie, K9 Eenheid, Kuruman Sigbare Polisiëring en Speurders inligting opgevolg en op ‘n huis in Kuruman toegeslaan.

Read more …SAPD lê beslag op wapens

More Articles …