Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KENHART: Die voort-vlugtende verdagte, wat daarvan verdink word dat hy sy eie babaseun vermoor het, is ondanks ‘n grootskaalse soektog deur die SAPD en lede van die gemeenskap, sedert Sondag 10 Maart 2024 steeds op vrye voet.
Die soektog kom nadat die lyk van ‘n twee maand oue baba dieselfde Sondag in ‘n veld by Kenhardt gevind is. 
Die baba se 29-jarige pa, Wouter Pieterse, het na bewering die baba gevat ná ‘n rusie Saterdag met die baba se ma. Die baba se 29-jarige pa, Wouter Pieterse, het na bewering die baba gevat ná ‘n rusie Saterdag met die baba se ma. 

Read more …Wie weet waar Wouter is?

GEMSBOK-UPINGTON: Die voormalige hoof van die Noord-Kaapse departement van sport, kuns en kultuur, Ruth Palm (61), die finansiële hoof, Adrian Coleridge (50), en die hoofdirekteur van korporatiewe dienste, Bonakele Jacobs (55), is borgtog van R10 000 elk Woensdag in die Kimberley-landdroshof toegestaan.
Palm en haar twee medebeskuldigdes – die hoof finansiële beampte van die departement, Adrian Coleridge (50) en die hoofdirekteur van korporatiewe dienste, Bonakele Jacobs (55) – is van bedrog, geldwassery en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) aangekla. ).

Read more …Voormalige hoës by departement kry borgtog

GEMSBOK-UPINGTON: 'n Saak van Statutêre Verkragting is by die polisie in Rosedale aangemeld teen 'n lid van die Dr Harry Surtie Hospitaal IT-personeel, wat na bewering minderjarige meisies tussen die ouderdom van 14 en 16 na sy kantoor -  by sy werkplek - gelok het en seksuele interaksies met hulle gehad het.
Die verdagte is op 15 Februarie 2024 gearresteer en het daarna op Vrydag, 01 Maart 2024 vlugtig in die hof verskyn vir 'n formele borg-togaansoek wat geweier is.
Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning op 4 April 2024.


GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, het Donderdag die 2024-provinsialerede (Sopa) by die Mittah Seperepere-konvensiesentrum in Kimberley gelewer.
Hierdie jaarlikse toespraak word daarop gemik om as ‘n deurslaggewende platform - om die provinsie se prestasies, uitdagings en toekoms-planne uiteen te sit, te dien.
Die Noord-Kaapse wetgewer sê hy het drie miljoen rand begroot vir die staatsrede.
Die raadsgeneraals van die VSA, Nederland, Lesotho, Kuba en Rusland, die adjunkminister van internasionale betrekkinge, Alvin Botes, die adjunkminister van kleinsakeontwikkeling, Dipuo Peters, en voormalige premier Sylvia Lucas was van die gaste wat by die geleentheid teenwoordig was. .
Saul het aan die skare van ongeveer 3 000 deelnemers gesê hy is vol vertroue dat die 2024 nasionale algemene verkiesing ‘n groot kiesersopkoms sal hê.

Read more …Premier lewer SOPA

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Die SA Munisipale Werkersunie in die Noord-Kaap het gevra dat !Kheis Plaaslike Munisipaliteit onder administrasie geplaas word - aangesien salarisse sedert Desember verlede jaar nie betaal is nie.
Lawrence Fennie, provinsiale sekretaris van Samwu, het gesê werknemers is in ‘n omsendbrief ingelig dat salarisse weer vir Februarie uitgestel sal word.
“Die munisipaliteit se versuim om sy kontraktuele verpligtinge na te kom het werknemers aan ondraaglike ekonomiese toestande en ontberings onderwerp. Werkers het laas hul salarisse in Desember 2023 ontvang,” het Fennie gesê.

Read more …Vakbond vra dat !Kheis onder administrasie geplaas word

More Articles …