Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - “Ek glo dat dit belangrik is om aan te hou verbeter.” Vir Tanya James, inwoner van Rustenburg, word hiérdie woorde weërspieël in haar daaglikse leefwyse. 
Sy is onlangs aangewys as een van slegs twee geoktrooieerde bemarkers in Suid Afrika - ‘n titel wat as “baanbreker”-status beskryf word, na ‘n uiters streng keuringsproses. 
Sy het die sertifikaat ontvang van Chartered Marketer (Africa),  by ‘n toekenningsgeleentheid waar die African Marketing Confederation (AMC) gasheer was. James bestuur tans haar eie bemakingsmaatskappy en is tydens die seremonie deur die president van AMC, Helen McIntee, in die teenwoordigheid van familie, AMC-ampsdraers en ander lede van die fakulteit (wat James gementor het) geluk gewens.

“Vir my is dit belangrik om deurentyd myself op hoogte te hou van tegnologiese veranderings wat ’n invloed kan hê op digitale bemarking, en ook om grafiese- en videoprogramme se opdaterings te leer. Daar is elke dag iets nuut waardeur elkeen van ons uitgedaag kan word,” het James na die geleentheid opgemerk.
James is in Rustenburg geskool en het in 2000 in die farmaseutiese industrie begin werk in haar tuisdorp. “Ons het in 2011 Pretoria toe verhuis, waar ek begin verkope doen het vir ’n farmaseutiese firma. Ek het toe besluit om bemarking te begin swot om my kennis in verkope te verskerp. Ek het my BBA en B(Phil) honeurs deeltyds gedoen - tussendeur die verkope, en toe ook later as bemarkingsbestuurder gewerk in die farmaseutiese industrie.”
James se man het egter in die tydperk wat hul in Pretoria gewoon het, steeds vir ‘n plaaslike myn gewerk en daarom het die gesin ‘n paar jaar gelede terug verhuis na Rustenburg. “Ek het my eie bemarkingsfirma begin, The MarketHear, wat ek tans bestuur. Ek is die mamma van twee seuns en ons jongste is gehoorgestremd met ’n baie rare sindroom - vandaar die bemarkingsbesigheid se naam: MarketHEAR.”
“Ek doen bemarking en advertensies vir besighede in Rustenburg, hoewel ek kliënte help tot sover as in die Kaap. Ek geniet die kretiewe deel van bemarking en grafiese ontwerp vreeslik baie. Daar is beslis meer geleenthede en geld in die stede, maar hier is ’n klomp besighede in Rustenburg wat bemarking nodig het. Buitendien, mense hier in Rustenburg is sommer baie vriendelik!”
Volgens die AMC-president is Rustenburg besonder geseënd om ‘n bemarker van James se kaliber in ons geledere te hê. “CM(A)-krediete word slegs toegeken aan top bemarkers wat reeds bewys het dat hul onder die beste op die kontinent gereken kan word. Hul het gespesialiseerde kennis, is hoogs gekwalifiseerd, hoogs aangeskrewe en uiters professioneel,” het McIntee gesê. 
In haar bedanking aan AMC, het James genoem dat die CM(A)-proses haar bygestaan het om professioneel te ontwikkel en haar horisonne te verbreed aangesien daar geleethede regoor die Afrikakontinent is. “Ek het reeds so baie gleer. Om ‘n graad te verwerf, is slegs een stap. Die hele proses waardeur ek gegaan het, het my kreatiwiteit gestimuleer en die pad wat ek saam met CM(A) gestap het, het my opnuut opgewonde gemaak oor my werk!”