RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Op 1 Julie het die NWVLU se Mosaïektak ‘n uiters suksevolle Dogtersdag aangebied. Die projek was ook ter ondersteuning van die NWVLU se tema "Ons Kinders" vir 2025.
Twaalf pragtige en entoesiastiese dogters was vroegoggend gereed om te leer hekel, decoupage, macramè en kralewerk te doen. So tussen die heerlik eet, baie lag, bietjie sukkel (veral by die hekelstasie) deur is daar oorbelle, raampies, armbande, feetjies en engeltjies opgetower.
Die gasspreekster vir die dag was die kliniese dermatoloog, Natasha van Willa Krause-Skin86clinic in Rustenburg, wat op ‘n baie leersame en insiggewende wyse met die dogters kom praat het oor gesondheid, velsorg en grimering. Oud en jonk kon daarby baat.
Baie dankie aan die voorsitter van die Mosaïektak, Verona Loots en haar span dames wat die dogters so mooi en geduldig hanteer het. Julle is voorwaar sterre! Baie dankie aan Lousea Meintjies wat haar pragtige gastehuis, @Home, vir die dag beskibaar gestel het.