RUSTENBURG - BUFFELSPOORT – Die vierde Afrikiti Taal- en Kultuurfees het op 6 en 7 September by ATKV Buffelspoort plaasgevind en was 'n fees van taal én kultuur. Benewens topkunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Piesangskille en Drommedaris Drum Duo, wat vir die vermaak verantwoordelik was, het die kulkunstenaar, Regardt Laubscher, Duimpie Den se Pom Pommies en verskeie slang- en voëlvertonings besoekers vermaak.
Terwyl daar gesellig saam gekuier is, kon besoekers heerlik smul aan die allerlekkerste tradisionele eet- en drinkgoed wat by verskeie stalletjies te koop aangebied is.