Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Inwoners van die dorp is die laaste twee weke met ‘n gesig in hul tuine begroet wat herinner and die Kruger Nasionale Wildtuin. 
‘n Blou-apiefamilie, bestaande uit ‘n ouerpaar en hul jong suigeling, het by menige buurte gaan inloer op soek na kos.
Dit volg op weke van droër weer, wat natuurlike kosbronne laat opdroog het en toe dié betrokke gesin genoop het om hul tuis te maak in hoofsaaklik Oos-Einde, maar ook ander dele van die dorp.

Luidens me. Martha Lerm, voormalige raadslid van Wyk 18, het die familie van drie ingeloer in Joubert-, Leyds- en Kerkstraat en toe aanbeweeg na Beyers Naudé. Dié betrokke straat is straks te besig bevind deur die “toeriste”-gesin, wat toe maar weer teruggekeer het na boomryker dele in Klopper- en Bethlehemstraat. Lerm het gemeld dat sy met ‘n paar inwoners gesels het en dit voorkom dat die apiefamilie se gunstelinghappie hondekos is. 
Marisa Kruger van die plaaslike Dierebeskermingsvereninging (DBV) het raad gegee en die publiek gemaan dat die beste manier op hierdie saak te hanteer is om die apies hul gaan te laat gaan, aangesien die DBV net kan betrokke raak as enige wilde diere beseer word. “Mense moet die apies vermy en hulle nie voer nie, want hulle gaan bly waar hulle kos kry.” 
Ongelukkig is die huidige stand van sake as gevolg van die natuurlike habitat van dié spesie wat ingedring word deur die mensdom, soos die dorp uitbrei. “Moet ook nie die apies met klippe gooi, konfronteer of skrikmaak nie. Igonoreer hulle net, want hulle kan groot skade verrig. Mense moet hulle ook nie skiet of seermaak nie, maak eerder met Natuurbewaring kontak. As iemand ‘n aap skiet en beseer, kan die persoon aangekla word.”
Navrae, DBV: 014 592 3181 of Natuurbewaring: 082 374 7161