Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - AfriForum se Rustenburgtak het vandag hul voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) by die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit ingedien. 
Dié tak het onder meer in hul voorstelle gesê dat die munisipaliteit die instandhouding van elektriese infrastruktuur moet prioritiseer.
Elektrisiteitsvoorsiening in Rustenburg is ’n uitdaging en die AfriForum-tak het verlede jaar hofstukke aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) beteken om hierdie kwessies op te los.

“Daar berus ’n verantwoordelikheid op die Rustenburg-munisipaliteit om instandhoudingswerk aan sekere infrastruktuur te doen volgens ’n ooreenkoms wat hulle met NERSA het. Hierdie ooreenkoms word nie nagekom nie en die resultaat is ongelukkig voortslepende uitdagings met elektrisiteitsvoorsiening,” sê Dawie Conradie, voorsitter van AfriForum se Rustenburgtak.
Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico, sê dat dit belangrik is vir takke om deel te neem aan die GOP-proses aangesien dit bydra tot gemeenskappe se ontwikkeling. “Ons het voorstelle ingedien om probleme ten opsigte van ons paaie, elektriese netwerke, rioolstelsels en so meer op te los. Daar is selfs kwotasies bygevoeg om vir die munisipaliteit ’n realistiese voorstelling te gee oor wat dit gaan kos om paaie te herstel, padtekenborde te vervang en so aan. Dis belangrik dat kontrakteurs nie die munisipale begroting moet misbruik nie en ons hoop dat die munisipaliteit gehoor sal gee aan ons voorstelle.”
AfriForum se Rustenburgtak nooi die gemeenskap uit om by hul Facebook-blaaie aan te sluit en aan ander projekte in Rustenburg-area deel te neem. Sluit aan by www.wordlid.co.za.