Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Na talle maande van stilstand waarin absoluut geen vordering met die ontwikkeling van ‘n nuwe moskee op die hoek van Cuckoo- en Mayet-rylaan in Cashan 19 (Wyk 17) gemaak is nie, het werkers pas weer hul gereedskap opgeneem en het die aktiwiteite op die bouperseel skielik opnuut lewe gekry. 
Werkers en swaar-masjinerie het net meer as ‘n week gelede hul “intrek” op die perseel geneem en is tans hard aan die swoeg met die lê van fondasies en versterking van die basisstruktuur voordat messel- en bouwerk in alle erns kan begin. 

Die projek wat ongeveer 12 maande gelede deur die Rustenburg Munisipaliteit goedgekeur is, het na ‘n vinnige afskop onverwags tot stilstand gekners toe konstruksiewerk gestaak moes word omrede kontrakteurs wat vir die verskuiwing van hoëspanning elektrisiteitsverbindings verantwoordelik sou wees, moes wag tot na die voltooiing van herstelwerk aan die Rockcliff Estates-brug in Cuckoolaan wat nagenoeg 18 maande gelede deur stormwater verwoes is. 
Rustenburg Herald het reeds vroeg in Januarie vanjaar berig oor die ontwikkeling van ‘n moskee feitlik binne loopafstand van die Waterfall Mall en Rockcliff Estates wat in ‘n stadium ‘n omstrede kwessie was. 
Die projek is onderhewig aan streng voorwaardes ten opsigte van geraasbesoedeling in Wyk 17 en omliggende areas - ‘n gewilde residensiële gebied, het Rustenburg Herald vroeër berig. 
Hierdie foto van hoe sake tans op die bouperseel daar uitsien, is Maandagoggend omstreeks 07:00 geneem.