Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

‘n Middeljarige vrou (Hettie Kruger) en haar assistent (Vince) van Line-X Protective Coatings in Watervallaan 18 in Rustenburg is Dinsdagmiddag om 14:45 deur sewe onbekende mans in ‘n wit Dyna-4-6-vragmotor met ‘n plat bak sonder registrasienommer met vuurwapens aangehou, vasgebind en van verskeie groottes dromme en kanne olie in wit en rooi houers beroof. Die mans het by die voordeur opgedaag onder die voorwendsel dat hulle ‘n taamlike groot hoeveelheid olie wil koop en daar is toe vir hulle oopgemaak.

Die personeel is met vuurwapens aangehou, vasgebind en in die kombuis toegesluit en gewaarsku om nie op te kyk nie anders sal hulle geskiet word. Hulle is nogtans die versekering gegee dat die mans nie daar is om hulle te beseer nie, maar om bloot olie te buit. Die mans was omtrent ‘n uur op die perseel besig en het die onderneming se eie vurkhyster gebruik om die kanne en dromme olie te laai voordat hulle in die vragmotor gespring en met die gesteelde goedere op die vlug geslaan het. 
Enigiemand met inligting word versoek om Hettie by tel 082 462 7464 in verbinding te tree. Ten tye van die opstel van hierdie berig was die polisie nog nie op die toneel nie. Die rooftog is deur sekuriteitskameras van aangrensende ondernemings opgeneem.