Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - MOOINOOI – Die Rustenburg/Mooinooi/Brits-omgewings is op die vooraand van die Paasnaweek (verlede Woensdagoggend, 27 Maart, omstreeks 02:30) geskok deur die brutaliteit van die soveelste plaasaanval in die streek toe ‘n paartjie wat ‘n huis op ‘n plaas huur, sowat vyf km vanaf Mooinooi in die rigting van Brits op die R104 wreedaardig deur twee onbekende mans aangeval is. 
Die paartjie het wakker geword van hulle honde wat onophoudelik buite geblaf het. Toe hulle nie die honde stilgemaak kon kry nie, is hulle na buite waar twee mans hulle ingewag, met stomp voorwerpe aangerand en hulle ernstig beseer het.

Volgens die Magalies-Oos Radiogroep wat deur die eienaar gekontak is en dadelik na die toneel gehaas het, het hulle op die ernstig beseerde man en vrou afgekom.
Die verdagtes het op die vlug geslaan met ‘n TV en skootrekenaar. Dit is nog nie duidelik of enigiets anders geroof is nie en volgens die spore op die toneel is die verdagtes sowat 200 m van waar hulle deur die omheining toegang tot die eiendom verkry het deur dit te knip, deur ‘n voertuig opgepik.
‘n Ernstig-beseerde man en vrou is deur ER24 na ‘n hospitaal vir mediese behandeling vervoer. 
Nuwe inligting rondom die paartjie se vordering, herstel of moontlike ontslag kon met ons ter perse gaan Dinsdag nog nie vasgestel word nie. Eienaars van plase, kleinhoewes, plotte of inwoners van landelike omgewings is weer eens dringend gewaarsku om hul veiligheidsnetwerke op te gradeer en by erkende instansies aan te sluit. Die beste raad is om onder geen omstandighede in die donker na buite te gaan of om self ondersoek te probeer instel wanneer daar vreemdes op jou eiendom of vreemde geluide naby jou opstal gewaar word nie.