Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Werkgewers in die Platinstad word gemaan om versigtig, indien nie effens skepties nie te kyk na sieknotas van personeel wat in die afgelope tyd weens 'n verskeidenheid van die normale reeks siektetoestande by werkgewers ingehandig word. 
Personeel van 'n bekende plaaslike spesialis het Dinsdagoggend aan Rustenburg Herald gesê dat vervalste sieknotas van 'n verskeidenheid plaaslike dokters etlike weke indien nie maande reeds nie die ronde doen.

Dit blyk dat gewetenlose mense op een of ander wyse daarin geslaag het om plaaslike dokters se sieknota-vorms te vervals en uiteraard teen 'n fooi ("konsultasiefooi"?) aan voornemende tuisblyers te verkwansel. 
Werkgewers wat agterdogtig is oor die egtheid van sieknotas wat deur personeel ingedien word, sal wys wees om persoonlik met die betrokke dokters of hul personeel in verbinding te tree en die egtheid van die notas te bevestig.