Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - KLERKSDORP - In 'n tragiese draai van omstandighede tydens 'n paasfeeserediens in Jouberton (area Y100 buite Klerksdorp), is gemeentelede beroof van persoonlike items op Donderdagaand, 28 Maart 2024. 
Die polisie is na die toneel ontbied en 'n soektog na vyf onbekende, gewapende verdagtes het gevolg. 
Na aanleiding van inligting wat bekend gemaak is, het 'n kerkganger buite die kerkgebou gestaan en praat op sy selfoon, toe die verdagtes met klapmusse aan, hom onder dwang van vuurwapens terug in die kerk ingejaag het. 

Die vermeende rowers het die kerkgangers beveel om op die grond te lê, hul deursoek en beroof van kontant, handsakke en selfone. Daarna het hul te voet op vlug geslaan. 
Die polisie het 'n saak van besigheidsroof aanhanging gemaak. Die publiek word versoek om SAPS te kontak met enige verdere inligting rakende die insident, deur die ondersoekbeampte, sersant Bantjies, op 082 568 6086 te kontak of Crime Stop op 08600 10111. Anononieme wenke kan ook via die MySAPS applikasie van enige slimfoon gemaak word.