Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - ‘n Jong man wat nie terugstaan vir harde werk nie en ‘n daadwerklike verskil in sy gemeenskap wil maak, is Almero Oosthuizen, ‘n graad 7-leerder van Laerskool Rustenburg. Almero is tans besig met ‘n projek ten bate van die Larries Happieklub en boonoop mik hy daarna om sy JuniorSpringboktoekenning te verwerf as deel van sy Landsdiensprojek. Almero het besluit om die buitespeelterrein van die Happieklub (sommer in sy “eie agtererf”) op te knap en gaan hierdie komende Saterdag, 13 September, daad by woord voeg.

“Ek gaan die buitespeelterrein opknap en bankies verf,” verduidelik hy. Hy het reeds die basiese benodigdhede, maar vra die gemeenskap om hom te help met addisionele skenkings van verf, kwaste, skuurpapier en natuurlik - ekstra hande. Larries se Happieklub is ‘n voedingskema wat deur Tersia Theunissen gekoördineer word. Dié skema sorg dat minderbevoorregte leerders ten minste een keer ‘n dag ‘n gesonde bord kos ontvang (tydens tweede pouse). Die Happieklub poog ook om deur middel van die Blikkieprojek voedsel na die tuistes van die leerders te stuur, aangesien baie van hierdie kinders swaar huislike omstandighede ervaar en daagliks armoede in die gesig staar. Baie van die kinders kry eintlik net by die skool kos. “Vir die Landsdiens JuniorSpringbokaansoek moet Almero ‘n liefdadigheidsprojek loods en hy het besluit om ‘n verskil te maak vir maats wat saam met hom in die skool is,” verduidelik Marlize Oosthuizen, Almero se mamma. Almero samel dus ook kos en klere in ten bate van die Happieklub, wat dié benodigdhede sal uitdeel aan die geïdentifiseerde leerders. Daar is veral ‘n groot aanvraag vir nie-bederfbare kos om kospakkies aan gesinne te skenk tydens skoolvakansies. As jy dus ‘n verskil wil maak saam met Almero, skenk asb nie-bederfbare kos en/ of goeie, bruikbare kinderklere - dit sal opgelaai word. Niks is te min, of te klein nie - elke bietjie help! * Kontak Marlize Oosthuizen by 074 888 8137 vir meer inligting of om skenkings te gee.