Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Een van die grootste aandtoernooie tot nou toe is die afgelope maand suksesvol by die Rustenburg Rolbalklub aaangebied. 
Die kompetisie wat bekend staan as die Rustenburg Besigheidsliga het meer as 30 spanne die seisoen teenwoordig gehad wat beteken dat daar ongeveer 130 deelnemers op die baan in aksie was. 
Die uiters sosiale gees waarin die spel gespeel word, vind groot aanklank by deelnamers van alle geslagte en ouderdomme. 

Spelers wat vir die eerste keer ‘n rolbal vasgehou het tot gereelde ligamanne en -vroue kan op 'n kompenterende vlak deel in die pret.
Groot dank aan almal van die rolbalbestuur wat die aande so vlot bestuur het en gesorg het en dat daar altyd genoegsame eet- en drinkgoed vir deelnemers en toeskouers beskikbaar was.
Daar word nog twee soortgelyke toernooie beplan vir die jaar en vir meer inligting kan Centaine by 067 949 5485 of Gideon by 073 209 4266 geskakel word. Baie geluk ook aan die span van Shauenburg 1 wat die toernooi gewen het asook Sebetza en Timmy’s wat onderskeidelike tweede en derde geëindig het.