Darren Pottek van Rustenburg het op 5 en 6 Julie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die “Strongman”-toernooi deelgeneem, wat hy toe ook gewen het. Darren is tans die sterkste “Strongman” o/18 en dit was dan ook sy laaste jaar as ‘n junior.
Van volgende jaar af sal hy saam die groot manne in die “Novice”-klas deelneem. Darren is tans 17 jaar oud en in matriek. Hy bedank al sy borge sonder wie dit nie moontlik sou gewees het om deel te neem nie.