RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Baie geluk aan die volgende Larrieskuts met hul verkiesing tot die 2025 AGA Noordwes-boogskietspanne, wat aan die 2025 AGA SA Interprovinsiale-boogskietkampioenskap gaan deelneem.
Hierdie kampioenskap vind op 7 Oktober in Pietersburg plaas, waar hulle teen die beste skuts van regoor die land gaan meeding.
Dean Venter is verkies tot die NW-boogskietspan, wat die top 16-skuts in Noordwes verteenwoordig, insluitend die beste hoër- en laerskoolskuts. Rihard du Plessis, Isabella Roos, Chené van Niekerk, Marliné Cornelissen en Estefan van Niekerk maak deel uit van die NW primêre-boogskietspan, wat bestaan uit die top 16-laerskoolskuts.
Dit is ’n groot voorreg om tot hierdie spanne verkies te word.