Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD – RUSTENBURG – Akrobate van Leandri van der Merwe Akroklub het op 14 Oktober puik tydens die IFAA SA-finale in Dans, Modellering en Kreatiewe Gimnastiek presteer. 
Die SA-kwalifikasie bestaan uit drie rondtes - Proewe (80% of hoër), Semi-finale (85% of hoër) en Finale (90% of hoër) - verdien SA-kleure. Indien 95% of hoër in die finaal behaal word, kwalifiseer die danser vir “Diamond team” wat Suid-Afrika internasionaal kan verteenwoordig.

Leandri van der Merwe Akroklub is trots op Danielle Snyman wat 95% vir haar solo behaal het en in die “Diamond team” opgeneem is. Sy is ook as algehele wenner in haar ouderdomsgroep 11 - 14 jaar asook algehele wenner in Acro-Dance styl aangewys. Chinique van der Merwe is ook aangewys as algehele wenner van haar ouderdomsgroep 7 - 10 jaar. Die twee dansers is uitgenooi om op 17 en 18 November tydens die IFAA se “Overall Best of the Best Gala” by ATKV Buffelspoort deel te neem. Hulle word alle sterkte toegewens.