Louis Meintjes, gevierde fietsryer voorheen van Rustenburg en ook Suid-Afrika, wat die afgelope nagenoeg ses, sewe jaar reeds in Andorra, Spanje, woon, het vanjaar algeheel 16de in die algehele klassifikasie in die Vuelta a Espana-fietstoer geëindig wat Sondag in die Spaanse hoofstad, Madrid, sou eindig. Teleurstellende nuus is dat twee skofte van vanjaar se Spaanse fietstoer - onder meer die laaste - gekanselleer moes word omdat Palestyn-gesteunde protesgangers by die eindpunt en elders op die roete amok gemaak het.
Vir Louis en sy lewensmaat lê daar later vanjaar goeie (maar op ‘n ander manier ewe-uitdagend) vooruitsigte voor wanneer die paartjie se tweeling in November verwag word. Louis was regdeur sy hoërskoolloopbaan ‘n leerder van Bergsig Akademie en was vir jare ‘n bekende “alleengesig” op Rustenburg se paaie waar hy homself vir ‘n baie suksesvolle internasionale fietsryloopbaan voorberei het. Louis se ouers is tans steeds inwoners van die Platinastad.