Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Rustenburg Ringbalklub is op soek na jong en ou spelers tussen die ouderdom van 11 en 60 jaar om deel te word van die Rustenburg Ringbalfamilie. 
Dit is die eerste stap wat ‘n mens moet neem om Provinsiale- en Nasionale-kleure te kan verwerf. Die mense wat reeds ringbal speel sal vir jou sê dit is absoluut 'n familiesport, ‘n mens maak baie nuwe vriende.
In 2023 het 15 van die klub se spelers almal Suid-Afrikaanse kleure verwerf. Die klub oefen Maandae- en Woensdae-aande vanaf 18:00-20:00 by Bergsig Akademie se bane, al wat ‘n mens benodig is 'n waterbottel, tekkies en ‘n glimlag.

Die klub het reeds op 8 Januarie 2024 begin oefen en hulle is baie opgewonde oor die nuwe spelers wat die jaar by hulle aangesluit het! Hulle is ook baie trots op die vordering van die nuwe spelers. Hulle leer die spelers van balvaardighede en die reëls van die sport. 
As jy voorheen ‘n sport gedoen het of jy nog nooit in jou lewe 'n sport beoefen het nie of jy ‘n man of ‘n vrou is, jy is baie welkom by Rustenburg Ringbalklub.
Hoe om aan te sluit by die klub? Jy kan by die oefening aansluit en jou naam of nommer vir die seketaresse gee om jou op die whatsapp-groep te plaas of ‘n epos stuur na (This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.).