Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Daar is sommer groot opgewondheid onder spelers en die bestuur van Sibanye Stillwater Rugbyklub en sommer met die span se eerste kragmeting in die Neser A-liga van die afgelope naweek was die oorwinning soet. 
Sibanye Stillwater Rugbyklub is in 2023 gestig en het aanvanklik in die Jaap Steyn en Neser B-liga van die Luiperds Rugbyklub meegeding. Na 'n klompie mooi vertonings is die klub na die Neser A-liga van die Luiperds Rugby-unie opgeskuif en die eerste kragmeting in dié ligareeks het vir die klub 'n uiters goeie begin verseker. 

Sommer in sy eerste kragmeting in die Neser A-liga op Saterdag, 6 April, slaag Sibanye Stillwater daarin om die moeilike Casmar Rustenburg Impala met 33 - 12 die loef af te steek. Dié wedstryd is op Sibanye Stillwater se Waterval-rugbyvelde beslis en 'n klein maar geesdriftige skare het die spelers ondersteun. Dié kragmeting was baie gepas 'n stryd om die "Rustenburg Platinum Trofee" en dit kan inderdaad net as 'n groot deurbraak vir Sibanye Stillwater bestempel word om in sy eerste kragmeting in 'n splinternuwe liga reeds met die silwerware in sy vertoonkas te spog. 
Rustenburgers word aangemoedig om klubrugby tussen Rustenburg se twee "Platinareuse" dop te hou en die spanne te kom aanmoedig wanneer hulle plaaslik in aksie is. Hou gerus Rustenburg Herald dop vir meer besonderhede oor wanneer wedstryde plaasvind en kry terselfdertyd ook 'n kykie na die vordering van spanne op die punteleer. 
Sibanye Stillwater se bestuur bestaan uit president Fritz Jooste, voorsitter Evert Coetzer, afrigter Joël Scherman en alle belangstellendes word genooi om met Joël by 079 7543284 in verbinding te tree. Kom ons raak weer geesdriftig oor die rugbystryd tussen Rustenburg se twee grootste Platinaklub soos die jare van ouds en geniet klubrugby op sy beste!