Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Sibanye-Stillwater Rugbyklub se voorseisoen-bedrywighede het vroeër vandeesweek amptelik op Dinsdag, 11 November, afgeskop en vir die volgende klompie weke bestaan die program basies uit rugby-oefeninge elke Dinsdag en Donderdag om 18:00 by Sibanye-Stillwater se sportgronde by Waterval net buite Rustenburg. 

Die voorseisoen eindig weer 18 Desember vir die kersvakansie en open daarna weer op 5 Januarie 2026. Sibanye-Stillwater gaan sy stewels aanstaande jaar sommer vroeg-vroeg begin vasryg met vriendskaplike wedstryde teen Tuks Universiteit op 23 Januarie en die Luiperds op 30 Januarie. Altwee kragmetings sal "by die huis" gespeel word. 
Sibanye-Stillwater speel vanjaar in die Bulle se Superliga wat op 15 Februarie afskop en nooi graag alle ou spelers, nuwe spelers, voornemende spelers en ja, selfs die dames wat wil voel hoe dit voel om 'n rugbybal rond te gooi en jou opponente op die veld in die wind te laat duik, om aan te sluit. 
Daar is reeds heelwat nuwe gesigte en die bestuur en afrigterskorps verstaan dat daar heelwat belangstelling is. 
Volgens hoofafriger, Joel Scherman, hoop Sibanye-Stillwater om aanstaande jaar twee seniorspanne, 'n o/20-span, asook 'n vrouespan in die veld te stoot. Onthou gerus die rugby-oefeninge en vir die dames wat belangstel, moenie huiwer nie en bring 'n vriendin of twee saam - rugby is 'n aangename, maar harde sport, maar ons weet dat daar heelwat doedies in ons streek is wat nie vir 'n paar stampe, skrape en harde werk bang is nie. Kom gooi gerus julle gewig by ons in. 
Onthou ook gerus die klub se jaareindfunksie op Vrydag, 5 Desember.