STELLALANDER-CHRISTIANA: ‘n 54-jarige Carel Jacobus Van Heerden sal na verwagting weer op Woensdag, 15 Mei in die Christiana-landdroshof verskyn nadat borgtog van R1000 toegestaan is.
Van Heerden het Donderdag, 4 April aanvanklik in die hof verskyn vir die onwettige besit van vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die besit van tuisgemaakte vuurwapens.
Van Heerden het in die hof verskyn ná sy arrestasie op Woensdag, 3 April, nadat die polisie ‘n vuurwapen, ammunisie en tuisgemaakte vuurwapens by sy woning gevind is.
Berigte dui daarop dat lede van Christiana Sigbare Polisiëring en Vryburg K9-eenheid inligting wat ontvang het dat die beskuldigde vuurwapens by sy woning gehad het. Na die soektog is ammunisie in ‘n gat naby die kraal gevind.
AfriForum vier 18de verjaarsdag
STELLALANDER-VRYBURG: AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar.
Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy stigting wat op bladsy 19 van ‘n Afrikaanse Sondagkoerant verskyn het.
Water challenges in Ratlou
STELLALANDER-VRYBURG: According to Freddy Sonakile, DA Spokesperson on Cooperative Governance, Human Settlement and Traditional affairs in the NW, the DA has written to the South African Human Rights Commission (SAHRC), requesting an investigation into the failure by the Ngaka Modiri Molema District Municipality to deliver water to residents in the Ratlou Local Municipality. This follows an oversight inspection to the Setlagole RDP settlements on 27 March, where residents reported that their communal taps have been dry for years.
Nuwe toerusting om Bloemhof te verfraai
STELLALANDER-VRYBURG: Die AfriForum-tak in Bloemhof het onlangs nuwe toerusting aangekoop om die dorp op te knap én te beveilig.
Local teacher receive International award
STELLALANDER-VRYBURG: The International Cluster of Achievers Awards allows anyone to nominate candidates online who qualify in exemplary achievements in their professions, communities and on sport level.








