BRITS POS – BRITS – Daar is dae in krieket wanneer alles in plek val - wanneer die bal praat, die kolf sing en die veldwerkers op die ritme van die spel dans.
Die afgelope langnaweek het die krieketspelers van die PSG Legends uitstekende karakter in die dubbel-wedstryde teen die Esquiers en Strikers getoon.
Netbalspelers blink uit
Laerskool Brits se o.12-netbalspan het algeheel 4de in die Bojanala-liga geëindig. Agter: Odirile Lerumo, Chrizelle de Witt, Marize Rossouw, Nelien Stander, Tshenolo Rampudi en Elmari Herholdt (afrigter). Voor: Carolé Roos, Emma le Roux en Mieke Jansen.
“Hoendertjie” se lugavontuur
BRITS POS – BRITS - Elke jaar sien die lugruim tussen Brits en Kroon 'n unieke en humoristiese "lugontvoering" wat die harte van plaaslike vlieëniers en die gemeenskap steel - die jaarlikse Chicken Run, oftewel “Hoendertjie” se reddingsending.
Wat as 'n ligsinnige grap begin het, het oor die jare ontwikkel in 'n geliefde tradisie tussen Brits Vliegklub en Kroon Vliegklub.
TUKS WINTER KRIEKET-TOERNOOI - Juniors is kampioene
BRITS POS – BRITS – Altwee die junior krieketspanne van Brits Krieketklub, die o.11 Gladiators en die o.13 Titans, het die afgelope naweek soos ware kampioene in die finale rondte van die Tuks Winter Krieket-toernooi gespeel.
Die Gladiators het Saterdag teen die o.11 DMF Daisies op Tuks Oval in Pretoria te staan gekom en die Daisies gewys waar “Dawid die wortels begrawe” het. Die Gladiators wen met 125 lopies.
PARKRUN ARROW REST - 574ste vir Bruce Fordyce
BRITS POS – HARTBEESPOORT – Veteraan-atleet, Bruce Fordyce (69) president van parkrun Suid-Afrika en legendariese negemaal Comrades-wenner, het Saterdagoggend saam met plaaslike- en besoeker-atlete, drawwers, stappers en gesinne, besoek by Arrow Rest parkrun in Hartbeespoort afgelê en ook sy 574ste 5km-‘wedloop’ voltooi.








