BRITS POS – MOOINOOI – Laerskool Elandskraal in Mooinooi is met reg trots op Riana en Lericia van Staden wat tydens die Gimnastiek Kampioenskappe albei Noordwes-kleure verwerf het en ook gekwalifiseer het om aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe deel te neem.
Riana (ouderdomsgroep 12jaar)
Rabboni’s athletes shine at SACSSA
BRITS POS – BRITS – The athletics team of Rabboni Christian School proudly represented the school at the Southern African Christian School Sports Association (SACSSA) Invitational Athletics Day, held at Germiston Stadium, on 6 September.
The athletes received a total of 43 medals, 12 x gold, 12 x silver and 19 x bronze. They showcased incredible talent and school-spirit, achieving excellent results across various events. From sprints to long-distance races, as well as field events.
Legacy Athletic Academy spog met puik prestasies
BRITS POS – BRITS – Die Legacy Athletic Academy se atlete het onlangs aan die Noordwes Noord-landloopkampioenskappe deelgeneem en middel- en langafstand afrigter, Charles Rall, spog met 22 atlete wat hulle Noordwes Noord-kleure na die Noordwes Noord-kampioenskappe op 9 Augustus 2025 in Koster verwerf het.
Britsie Klitsies maak geskiedenis
BRITS POS – BRITS – Vir die eerste keer in die geskiedenis van Brits, was daar Maandag, 1 September, ‘n kleuter blokfluit-ensemble wat aan die Afrikaanse Kunswedstrydvereniging van Brits se instrumentale-afdeling deelgeneem het.
Dié kleutergroep is van Laerskool Brits se Britsie Klitsies Kleuterskool. Hulle het onder leiding van Elsabé Erasmus, die nuwe seisoen sommer al fluitende ingegaan, hulself knap van hul taak gekwyt en ‘n allemintige A-simbool (84%) verwerf.
DIE HOËRSKOOL WAGPOS - O.14’s wen Noordvaal Rugbybeker
Die o.14-rugbyspan van Die Hoërskool Wagpos het die afgelope naweek gewys hulle het staal in hul pype toe hulle in die eindstryd van die Noordvaal Beker, teen Leeuwenhof Akademie (afdeling 2 Bowl) as algehele wenners geseëvier het. Met goeie spanwerk, deursettingsvermoë en harde werk het Wagpos hulle teenstaanders oorheers en met ‘n telling van 25-5 die Noordvaal Rugbybeker hoog gelig.








