Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Vanaf 7 - 9 Oktober word ‘n volwaardige kunsteweek in Van Zylsrus gehou. Dit gaan ‘n week wees van skilder, beeldhouwerk, skryf, storie vertel en nog vele meer.
As voorloop tot die week, is ‘n span besig om ‘n aasvoël geoglief (tekening op land) te skep.
Die groot landkuns-aasvoël, wat die broer-en-susterspan, PC Janse van Rensburg en Anni Snyman gaan bestuur, het intussen ook vlerke gekry. PC en Anni het Van Zylsrus besoek en hulle kon ‘n belangrike fase van hulle beplanning vir hierdie enorme geo- glief (tekening op die land) doen. 
Trollope Mining Mokala Manganese het na vore getree en die twee enorme mangaanklippe geskenk wat nodig is vir die oog en die kloue van die aasvoël. 


Hoe vorder die aasvoëlgeoglief se be- planning? 
Die aasvoëlgeoglief wat by Van Zylsrus gepak gaan word – 29 September - 10 Oktober, D.V. – het mense se verbeeldings aangegryp. 
As dit klaar is, gaan dié landmerk, ‘n aan- eenlopende kliplyn van 3,5km wees, wat met ten minste 17 000 kalkklippe gepak sal wees. 
Soos almal weet, moet al daardie klippe iewers gevind word, aangery word, gesorteer word en dan ook nog perfek gepak word. Hierdie soektog na spanspekgrootte klippe het op 5 September in alle erns afgeskop. 
Kobus Duvenhage Bouers van Upington, het ‘n vragmotor met ‘n wipbak en ‘n vriendelike bestuurder, Moses, beskikbaar gestel. Japie Schreuder, een van die boere in die omgewing, het die eerste dag se 7 vragte hanteer met die hulp van helpers, wat deur ander weldoeners geborg is. 
Die tweede dag het Pieter Pienaar, die kuns- teweek-organiseeder, die leisels oorgeneem en oor die verloop van die 2 dae is omtrent 6 000 kalklippe in 14 hopies op die geoglief se terrein gestort. Die aanry van die oorblywende 10 000 klippe sal die week wanneer die geoglief gepak word, verdere aandag geniet.
Om ‘n tekening op land te doen wat min of meer 315m lank is en 115m breed is, is nie ‘n maklike taak nie, want jy kort ‘n valkoog. 
YXZ Resources het die 13 kernpunte, soos deur Anni Snyman en haar broer PC Janse van Rensburg versoek, met hulle GPS-toerusting kom aandui op 10 September. Trollope Mining Mokala Manganese, het op Saterdag 13 September, hul enorme geskenke afgelewer. 
Drie groot mangaanrotse, twee vir die oog en een wat tussen die kloue gaan lê, is presies op die regte plekke, deur Dolphas Mothlabane met die hyskraan, op die YXZ Resources-merkers laat sak. Trollope het ook ‘n groot vrag mangaanstof afgelewer waarmee die finale lyne aangedui gaan word. 
Herman Husselmann, die eienaar van YXZ Resources, het besluit dat sy maatskappy ‘n verdere bydrae wil lewer sodat die skets van die aasvoël vinniger kan gebeur. 
Woensdag, 17 September het hy weer sy span gestuur en Dirkie Spies en John-William van Heerden het ‘n verdere 120 merkers ingeslaan. Donderdag, 18 September, het Pienaar en ‘n span werkers die merkers verstewig met genommerde kalkklippe. 
Daar moet nog ‘n vrag rooi sand afgelewer word om te help met die lynkontras wat vir die skets benodig word. PC Janse van Rensburg het spesiaal ‘n sandpotlood ontwerp, wat soos ‘n rugsak op die rug gedra kan word, met ‘n pypie naby die grond waaruit die sand gaan val om ‘n netjiese lyn aan te dui.   
Sondagaand, 28 September, behoort daar 14 kunstenaars van alle oorde (selfs twee uit Frankryk) by Van Zylsrus te vergader om die geoglieftaak te bespreek. 
Maandag, 29 September, begin die tekenwerk in alle erns. Dinsdag, 30 September, sal kontrakwerkers en belangstellendes begin meedoen aan die pakproses. 
Indien iemand belangstel om nou en dan te kom meedoen, bring asseblief dan net eie kos en ander noodsaaklikhede. Die behoefte aan kruiwaens is groot. Indien jy in die omgewing bly en ‘n kruiwa met ‘n plastiek skottel het, leen dit asseblief vir die geogliefspan – of kom stoot jou eie kruiwa en bring die klippe nader. 
Verdere navrae kan gerig word aan Pieter Pienaar: 083 585 3512.