Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-CALVINIA: Die Noordwester-koerant se stem in Calvinia en die Hantam gaan ná meer as ‘n eeu nie meer gehoor word nie.
Dit is hartseer om te verneem dat die koerant, wat in 1917 gestig is en vir 108 jaar deel was van die hartklop van Calvinia en omliggende dorpe, sy deure gaan sluit. 
Die laaste uitgawe is 26 September 2025.
Onder die toegewyde leiding van mnr. Frans Hugo die eienaar en redakteur wat reeds 93 is, en sy ewe lojale eggenote mev. Maxie Hugo (82) het die Noordwester vir jare nie net nuus verskaf nie, maar ook die mense van die Hantam en omliggende gebiede met mekaar verbind.


Mnr. Cyril Hall, ‘n prokureur het die Noordwester in 1917 gestig.  In 1980 het mnr. Hugo die koerant oorgeneem. Hy het self die drukwerk behartig en berigte geskryf.
Die Messenger wat sedert 1876 in Victoria-Wes verskyn het, asook die Oewer- nuus wat sedert 1916 in Prieska verskyn het, was deel van die Noordwester en is nou ook deel van die ge- skiedenis.
Die plaaslike gemeenskap sal veral die verlies aanvoel omdat dit vir almal ‘n stem gegee het en ‘n belang- rike bron van nuus was.
Die egpaar Hugo se harde werk, liefde en opregte toewyding aan die gemeenskap het die koerant uitgebou tot ’n trotse gemeenskapsinstelling.
Die Noordwester het ’n noue verbintenis gehad met die landbougemeenskap met verhale wat boere se uitdagings en suksesse belig het. Verder was daar nuus van  godsdienstige aard, sportverslaggewing en kritiese kommentaar.
Dit is jammer dat so ‘n geskiedkundige publikasie, net soos talle van die land se groot en bekende publikasies, eindelik die knie voor ‘n moderne, elektroniese era moes buig.
’n Koerant soos die Noordwester was meer as net ‘n nuusblad, dit was soos ‘n geliefde vriend vir al sy lesers en die egpaar verdien opregte lof en dank vir hul lewenstaak.
Na 45 jaar waarin mnr. Hugo nog nooit ‘n tekort gehad het aan woorde om sy koerante te vul nie, het dit vandag opgeraak toe hy oor sy emosies gevra is.
“Dit voel so onwerklik,” was sy antwoord. “Ek het nie woorde om dit te beskryf nie.”