Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

“Toerisme en Volhoubare Transformasie”? GEMSBOK-WITSAND: Die LUR van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme,  me. Venues Blennies-Magage, het verlede week Toerismemaand by die Witsand Natuurreservaat bekend gestel.
In haar toespraak het sy gesê die Noord-Kaap is nie net ‘n bestemming nie—dis ‘n gevoel. ‘n Plek waar vreugde gevind word in die warmte van ons mense, die majesteit van ons landskappe en die onvergeetlike oomblikke wat deur elke reisiger se lens vasgevang word. 
Tydens die opening verlede week is ‘n vierwielmotorfiets-avontuur by die Witsand Natuurreservaat bekendgestel, wat bydra tot die Noord-Kaap se portefeulje van aktiewe toerisme. Witsand is ‘n poort na die Kalahari, Namakwa, Karoo en Diamantvelde – en bied gesinsvriendelike aktiwiteite, skilderagtige piekniekplekke en diverse akkommodasie.


Die tema van Toerismemaand in die Noord-Kaap, “Toerisme en Volhoubare Transformasie” weerspieël die Toerisme NK se verbintenis om toerisme as ‘n katalisator vir inklusiewe groei, omgewingsbestuur en kulturele bewaring te gebruik. Dit is ‘n oproep tot aksie vir reisigers om plaaslike juwele te herontdek, gemeenskapsgebaseerde toerisme te ondersteun en by te dra tot ‘n meer veerkragtige sektor.
Toerisme NK ondersteun inisiatiewe soos Shot’left Travel Week, wat onverbeterlike reisaanbiedinge bied, en SANParks se Mahala Week, wat gratis toegang tot geselekteerde droë parke bied. Hierdie pogings maak dit makliker vir Suid-Afrikaners om die Noord-Kaap se ryk aanbiedinge te verken.
Die Noord-Kaap is baie toeganklik  vir reisigers van ander provinsies of buurlande. Daar is daaglikse vlugte vanaf Johannesburg en Kaapstad na Kimberley en Upington, en hoofpadroetes soos die N8, N10, N12, N14 en R27 verbind die Noord-Kaap met Limpopo, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap, Namibië en Botswana.
Die Noord-Kaap se handelsmerkpilare maak die provinsie  ‘n unieke toerismebestemming – Ware Natuur, Ware Kultuur, Ware Avontuur – is geleefde ervarings. Van sterrekyk in uitgestrekte oop landskappe tot betrokkenheid by die erfenis van die Nama-, Khomani San- en Griekwa-gemeenskappe, elke reis hier is diep outentiek en onvergeetlik.
Vir toerismemaand word  daar ‘n provinsiale toerismedagviering op 26 September in Kuruman beplan. Kuruman bied die Oog van Kuruman-fontein, Wonderwerk-grot met antieke rotskuns, die Moffat-sending en wildlewe-ervarings soos die Kalahari-Meerkatprojek. Avontuursoekers kan ook die Boesmansgat-sinkgat besoek of ‘n rondte by die Sishen-gholfklub speel.
 Toerisme ondersteun plaaslike ondernemings, bewaar kulturele erfenis en skep werk. Deur selfryroetes en saamgestelde reisplanne deur lewendige gemeenskappe te bevorder, verseker NK Toerisme dat toerismevoordele op grondvlak gevoel word.