Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-NAMAKWALAND: Nadat AfriForum ’n beroep op die Hantam-, Kamiesberg- en Karoo Hoogland-munisipaliteite om dringend in te gryp by hul onderskeie vullisterreine, het die munisipale bestuurder van Kamiesberg Munisipaliteit ‘n skrywe gerig, waarin daar beweer word dat van Afriforum se lede hulle self skuldig maak aan onwettige stortings. 
Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari en Namakwaland, sê die vullisterreine in Williston, Calvinia, Nieuwoudtville, Kamieskroon en Garies is in ’n haglike toestand wat op die ou end wesenlike risiko’s vir die gemeenskap se gesondheid en die omgewing inhou.
AfriForum is veral bekommerd oor die feit dat van die dorpe se boorgate naby aan die vullisterreine geleë is wat die risiko vir kontaminasie verhoog en kan lei tot ernstige gesondheidsprobleme vir die gemeenskap.


Daarbenewens is die vullisterreine ook nie behoorlik omhein nie wat toegangsbeheer bemoeilik en veroorsaak dat vullis wegwaai. Voorts is daar ook nie watervoorsiening by die vullisterreine nie.
Die ander probleme by die vullisterreine is onder meer die volgende:
Die vullisterreine word nie behoorlik onderhou nie;
daar is ’n tekort aan vullisverwyderingsvoertuie en stootskrapers;
mense stort vullis in oop velde omdat die vullisterreine nie behoorlik funksioneer nie en die paaie ontoegangbaar is; en
dierekarkasse en motorbande word ook op die vullisterreine gestort wat gesondheidsrisiko’s inhou.
“Die vullisterreine het tydens ons vullisterrein-oudits in Februarie nie meer as 10% behaal nie. Dit is iets waaroor die munisipaliteite hulle behoort te skaam. Ons het ook die Groen Skerpioene ingelig oor hierdie vullisterreine en die briewe wat ons aan die onderskeie munisipali-teite gestuur het,” sê Werner Strauss, 
Volgens Strauss het AfriForum ook al op verskeie geleenthede aangebied om saam met die munisipaliteite te werk om oplossings vir die vullisterreine te kry, maar die munisipaliteite blyk nie bereid te wees om oplossings te vind nie.
Die munisipaliteite het tot 16 April gehad om met ’n aksieplan te reageer op die skrywes.
Mr. RC. Beukes, munisipale bestuurder van Kamiesberg Munisipaliteit, sê die munisipaliteit is inbesit van drie vullislorries, wat al sestien dorpe se vullis weekliks verwyder.
Hy skryf dat geen klagtes ontvang is, van enige dorpe waar nie vullis verwyder word nie.
Hy skryf: “Die inwoners word gedurig gemaan om nie vullis in oop areas rond te strooi nie, maar eerder dit te neem na die stortingsterrein, lede van Afriforum maak hulle self skuldig aan die tendens, soos uitgewys met medikasie houers in lede se name”.
 Kamiesberg Munisipaliteit is nie bewus van dierekarkasse en voertuigbande  wat op die stortingsterrein gegooi word nie. 
“lndien dit die geval is sal daar ‘n publieke kennisgewing uitgestuur word, waarin inwoners gevra word om dit nie te doen nie - waarvolgens die bywette  van die Munisipaliteit na gekom moet word.” sê Beukes.
Hy skryf verder dat die boorgate naby stortingsterreine, “noodsaaklik gebruik word vir meent aangeleenthede of veesuipings en nie vir menslike gebruik nie”.
Hy het gevra dat, indien Afriforum bewus is van so ‘n geval,  spesifiseer in watter  dorp dit gebeur.
Hy meen Afriforum se skrywe is gedoen “teen die agtergrond van Kamiesberg Munisipaliteit sonder om spesifiek navrae te rig per dorp - om die munisipaliteit genoegsame inligting te gee - om sodanig te antwoord.
Hy gaan voort om te sê Afriforum se “verslag ontbreek bewyse”.
Intussen het die Groenskerpioene oor die afgelope naweek verskillende sake, wat onder andere deur Afriforum aanhangig gemaak is, deur die hele provinsie begin ondersoek.