Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAI !GARIB: Die verskillende organisasies, rolspelers en inwoners van die Kai !Garib Plaslike Munisipaliteit voel dat  COGHSTA en die premier, dr. Zamani Saul, moet reageer op ‘n voorlopige aanbeveling deur die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAHRC), dr. Henk Boshoff, dat die Kai !Garib-raad ontbind moet word.
Die algemene konsensus is dat, met die volledige disfunksionaliteit van Kai !Garib-munisipaliteit wat tydens die voortgesette openbare ondersoek blootgelê is,  die haglike toestand van hierdie munisipaliteit nie meer geïgnoreer kan word nie.
Ten spyte van ‘n bultende personeelkomponent van meer as 400 werknemers, is dienslewering nie-bestaande.


 Terselfdertyd beweer die munisipaliteit dat hulle van toelaes afhanklik is en fondse kortkom, maar vir die afgelope drie jaar, en steeds meer, bestee hulle elke maand tussen R700 000 en R900 000 aan watertenk- dienste. 
Dit het nog R300 000 plus per maand bestee aan vullisverwydering en ad hoc geelvloot- dienste, maar inwoners sien geen vordering nie.
Daarbenewens het dit skuld van ongeveer   R1 miljard rand opgehoop, verskuldig aan instellings soos Eskom, die Kantoor van die Ouditeur-ge- neraal, Salga en meer, en het onrealistiese betalingsooreenkomste aangegaan wat sy insolvensie verder be- vestig.
“Kai !Garib het duidelik ‘n stortingsterrein geword vir “maters” wat ‘n salaris nodig het, terwyl hulle vasgevang word deur twyfelagtige kontrakte en ly aan growwe finansiële wanbestuur,” so het Rozanne van Rensburg van die Kakamas Belange Ver- eniging na afloop van die MRK se ondersoek onlangs, gesê.
Raadslede soos Ralph Cloete sê dat hulle na herhaalde pogings om reaksies te kry en diensleweringsmislukkings aan te spreek, steeds ‘n baksteenmuur tref.
“Dr. Boshoff het aangedui dat hy geen vertroue het in die instelling van ‘n provinsiale ingryping, soos om die munisipaliteit onder administrasie te plaas nie. Dit dui duidelik op die provinsie se gebrek aan gewilligheid   om die ineenstorting van munisipaliteite soos Kai !Garib aan te spreek,” het Werner Strauss, Noord-Kaapse koördineerder vir die burgerregte organisasie, Afriforum.
Aangesien Kai !Garib nooit teen homself sal optree nie, sal die onderskeie rolspelers die nodige druk op die provinsie moet uitoefen, sodat hulle reageer op die stand van hierdie munisipaliteit, wat hopelik sal lei tot die ontbinding van ‘n disfunksionele munisipale raad om sodoende agteruitgang en korrupsie uiteindelik in die munisipaliteit hok te slaan.
 Volledige onderhoude met munisipale bestuurders en rolspelers van plaaslike, sowel as distriskmunisipaliteite kan op die MRK youtube kanaal gesien word.
https://www.youtube.com/watch?v=QBIh4jz8oLA