Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Venus Blennies-Magage, is onlangs deur rolspelers versoek om ‘n dringende belanghebbendes-vergadering te skeduleer, aangesien die multimiljoenrand Upington Nywerheidspark besigheid belemmer in plaas daarvan om die plaaslike ekonomie te verbeter.
Die nywerheidspark het die regering minstens R50 miljoen gekos, met ‘n verdere R200 miljoen in die pyplyn.
Sedert die kontrakteur die terrein verlaat het, het die pad by die ingang opgetrek omdat dit nie behoorlik gekompakteer is nie. 
Die voorhek is be- skadig en die valhekke is gebreek. 
Daar is ingebreek by die waghuis en alle toerusting, insluitend kameras en radio’s, is gesteel. 
Die heinings word gereeld gesny. 
Die hoë masbeligting het nog nooit gewerk sedert die installasie nie. 


‘n Stormwaterkanaal, wat by die erwe opge- rig is, loop opdraand, wat dit nutteloos maak. 
Die erwe binne die nywerheidspark, wat aanvanklik bedoel was om aan besighede verhuur te word, moet ook nog gediens word.

“Tans is niemand bereid om enige komende grondwet van die Eiendoms-eienaarsvereniging te onderteken nie, wat nog te sê van die betaling van maandelikse heffings,” vertel Flip van der Steen.
Die park het niks gedoen om plaaslike ekono-miese groei te versterk nie, maar eerder ‘n verkwistende en vrugtelose uitgawe. Dat die regstelling van die stormwaterkanaal deel is van ‘n variasiebevel, inspireer nie vertroue nie. Die voorgestelde ontwikkeling van die erwe vir nyweraars, wat veronderstel is om ‘n ekstra inkomstestroom vir die munisipaliteit te skep, wen ook geen guns nie. 
Van der Steen meen selfs die Dawid Kruiper-munisipaliteit het geweier om die bestuur van die nywerheidspark van NCEDA oor te neem weens die swak vakmanskap en voortdurende probleme wat by die park ondervind word.
Intussen is daar aan LUR Blennies-Magage geskryf om ‘n vergadering met NCEDA, die sake-eienaars en die munisipaliteit te skeduleer.
Om bloot meer geld na die mislukte nywer- heidspark te gooi, sal nie die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot gee nie. 
Die projek moet dringend hersien word. 
Van der Steen meen dat waarde-vir-geld finansiële bestuur wat belegging, werkskepping, dienslewering en inklusiewe groei prioritiseer sal moet word om hierdie projek te laat werk.