Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-CALVINIA: Juffrou Marlene Jooste het onlangs ‘n baie geslaagde fliekaand vir die jeug in die Lenie Skippers Gemeenskapsaal gehou.
Meer as 60 jongmense het die aand bygewoon. Lede van die Polisie Gemeenskapsforum was ook teenwoordig. 
Kaptein Visser het oor geslagsgeweld gepraat, leraar Jooste oor keuses wat elkeen maak en juffrou Marlene het gesels oor tienerswangerskappe, HIV/Vigs en ander geslagsiektes.
 Die video, “ Save our daughter” is vertoon. 
Na die fliek is daar ‘n bespreking gehou. Juffrou Marlene sê, “Ons het die kinders huis toe gestuur met popcorn en ek het gesien die fliek en geselsies het hulle baie geraak. Vir ‘n paar was dit baie erg, maar dis dinge waaroor ons moet gesels. Alle lof en eer aan die Here”, het sy afgesluit.