Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: By Hoërskool Duineveld sal Nasionale Melktertdag, 27 Februarie 2024, lank onthou word. Juffrou Sharlene Venter het die idee van ‘n melktertverkoping gehad en die hele skool was vuur en vlam.
Die Afrikaans Huistaal graad 12 D klas, van juffrou Sharlene, was so entoesiasties, dat hulle  sommer onmiddellik na die verkoping afgekondig is, 20 melktertjies bestel en betaal het. Daarna het die bestellings ingestroom tot ‘n rekordgetal van 970!
 Die melktertjies, wat deur SPAR gebak is,  was ‘n lekker grootte en suikersoet. ‘n Mens kan regtig verstaan hoekom die tradisionele melktert steeds gewild is in Suid-Afrika.
Hierdie fondsinsameling is ook gehou ten bate van die Kultuurgroep in Veltieland. Om betrokke te wees by kultuur, is  ‘n groot lekkerte in Duineveld.


Leerders het die geleenheid om aan ATKV, Koor, Drama, Redenaars, Spelkompetisies en Eisteddfod deel te neem.
Dok Rooies Andrianatos weet dat ‘n melktert en koppie koffie pouse, presies is wat onderwysers nodig het. Hy het sy personeel met melktert bederf en het tydens pouse by altwee die personeelkamers ‘n draai gaan maak.
Tydens pouse het die uitdeel van 970 melktertjies seepglad verloop. Die VRL het hul staal gewys en gou-gou het elkeen met ‘n melktertjie in die hand gestaan. ATKV-tak Velties het die foto’s geneem. Hulle het ook leerders aangemoedig om by die tak aan te sluit, met die woorde: Sluit by die ATKV aan en #weesdie verskil.”