Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Met die rugbyseisoen reeds in volle swang het die Kalahari-krieketspelers die afsluiting van die JTG Krieketseisoen in styl afgerond en beide die o/16- en o/19-trofeë gewen.
Die Kalahari Gold-span het die o/16-trofee verdedig in die finaal wat op 15 Maart plaasgevind het. 
Weereens het die twee Kalahari o/16-spanne in die finale wedstryd gespeel wat die huidige sterkte van Kalahari-krieket in die JTG-liga bevestig.
Die Kalahari Eagles het die JTG o/19 30 Over-liga gewen deur Kathu met 9 paaltjies in die eindstryd te klop.


Uitstekende draaiboulwerk van Yden Agenbag het Kathu tot 48 lopies beperk.
 Yden het 5/15 geneem en is die wedstrydbal vir sy man van die wedstryd-prestasie bekroon.
Kalahari het met 9 paaltjies gewen deur die teiken in die 7de boulbeurt te haal met Janko Noeth op 45*.
Die laaste deel van die JTG-liga behoort aan een speler ... Janko Noeth.
 Hier is Janko se allround prestasies:
13 Febr - 5 paaltjies vir 5 lopies teen Kathu o/16
17 Febr - 61* vs Kathu High Klub
27 Febr - 5 paaltjies vir 21 lopies teen Curro o/16
3 Mrt - 64 vs Progress Klub
5 Mrt - 93 vs KEW o/16
8 Mrt - 45* vs Kathu o/19 Finaal
15 Mrt - 114* vs Kalahari Maroon in o/16 finaal.
Daar moet ook melding gemaak word van die uitstekende boulvertoning van die 13-jarige Strauss van Heerden wat 5 paaltjies vir 26 lopies geneem het in die o/16-wedstryd tussen Kalahari Gold en KEW.
Nog ‘n hoogtepunt vir Kalahari Krieket was die keuse van die Arende-kaptein, Malan Lubbe, om die Noord-Kaap Heat-akademie-span teen die SA Weermag-span te verteenwoordig. 
Hierdie T20-wedstryd het op 29 Februarie plaasgevind met die Weermagspan wat met 4 lopies gewen het.
Kalahari Krieket sluit die 2023/24-seisoen af met al vier JTG Seunstrofeë, wat aangebied word, veilig in die Trofeekas.