Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Na die onlangse Suid Afrikaanse Varswater  kampioenskappe by die Vaaldam het Zubair Parker van Groblershoop “vir die Groen Kalahari en Groblershoop ‘n goue medalje huis toe gebring”.  Zubair het die Vrystaat Cheetahs A-span verteenwoordig en met sy sak van  32 vis - het die span die goue medalje inkatrol. Zubair “Tier van die Oranjerivier” Parker vertel van sy ervaring:
Zubair sê hy het 2304 kilometer gery net vir visvang -  maar dit was die moeite werd.

 
Na afloop van verlede jaar se proewe vir Vrystaat Varswater Oewerhengel Vereniging en is gekies as die reserwe van die Vrystaat A-span 2024
Die kampioenskap het begin en na die eerste dag was die span agter ‘n baie sterk Mpumalanga-span met ‘n reuse 24 punte.
“Dag twee het aangebreek en  aan die einde van die dag was ons 21 punte agter Mpumalanga.
Op dag drie het Zubair daarin geslaag om 32 visse te kry vir 22,22 kg en ‘n derde in sy sone.
 Die span het so die 21 punte opgemaak en met ‘n verdere 7 punte gewen!