Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Trans Agulhas, bekend as die wêreld se moeilikste opblaasbootwedvaart, is ‘n jaarlikse geleentheid wat langs Suid-Afrika se suidelike kuslyn plaasvind.
Die 35ste uitgawe, geborg deur Six Gun Grill, het plaasgevind van 28 tot 31 Desember. Drie spanne van Klerksdorp en omgewing het deelgeneem en hul stemme behoorlik dikgemaak in die resies waar opblaasbote ongeveer 700 km oor vier dae moet aflê.