Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Oppi Plot in Wilkoppies bied eersdaags ‘n dag soos min aan. Op 16 Maart vind ‘n geldinsameling vir die Matlosana-diereskuiling plaas en daar gaan hope pret wees. ‘n “Colour run”sal plaasvind, hope stalletjies om by te snuffel en die bekkige Boeboe van Vetkoekpaleis kom ook saamkuier. Rea le Roux sal sing.
Die hekke open om 12:00. Die toegang is honde- of katkos of blikkieskos. Yolanda het meer inligting by 073 497 1619.
Happy heart, happy life
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Everyone should have access to the knowledge, care and treatment they need to keep their hearts healthy. Heart Month and World Heart Day are ideal times for all South Africans to come together in the battle against CVD and lower the worldwide illness burden.
You probably already know that regular exercise and a healthy diet are beneficial to keeping your heart in good shape. What more can you do?
Biddag vir vroue wêreldwyd gevier
Klerksdorp Midweeek, Klerksdorp - Die wêreldbiddag vir vroue word die week gehou. Dié jaarlikse geleentheid reg oor die wêreld, waar vroue bymekaarkom om te bid, vind op Vrydag 1 Maart om 10:00 plaas by die Hervormde Kerk Môrester. Vroue van alle denominasies in die Kosh-gebied is welkom om die verrigtinge by te woon.
Nuut op die rak: Kinderboek met Bybel as inspirasie
Die ongelooflikste sending
deur De Wet Hugo | (Luca by Lapa Uitgewers)
Om ‘n kerkkamp saam met sy eks-boelie by te woon is vir Heinrich al erg genoeg, maar noudat Conrad skielik so hoogheilig is dat hy sommer Heinrich se beste vriend probeer steel, is net een te veel.
Voor Heinrich iets daaraan kan doen, word hy en Conrad saam weggevoer na ‘n Bybelse ryk vol wonderwerke en gevaar, en skielik is daar ver belangriker dinge op die spel: hul lewens.
Boekeblad: Die noodtoestand in die universele kerk onder die soeklig
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Dr Kobus Visser se boek is ’n noodsein aan alle Christene; ’n wekroep om kennis te neem van die toestand in die kerk (NG en universeel) en daadwerklik op te tree.
Dit bevat inligting wat vir elke Christen as riglyn kan dien om te bepaal of dwaalleer verkondig word, sowel as ander inligting wat van onskatbare waarde vir Christene is in die tyd waarin ons ons tans bevind.
In hierdie boek bespreek Kobus Visser pogings om soveel as moontlik gelowiges van die Christelike geloof weg te rokkel, nadat hy die afgelope 20 jaar daarby betrokke was en dit diepgaande bestudeer het.









