Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Ywerige kleremakers (voorheen in die volksmond bekend as dressmakers) en dames wat lief is vir naald- en masjienwerk sal verheug wees om te verneem dat Bernina Rustenburg na meer as agt jaar in die bedrywige Safarituinesentrum nou met ‘n kraaknuwe baadjie in die Waterfall Value Mart-sentrum spog. 
Hier by Bernina se nuwe tuiste het eienaars Mariana en Frikkie Beets hulself oortref met die uitleg en inrig van die nuwe Rustenburg-tak wat sommer van ver af die oog vang. 

Bernina se splinternuwe Waterfall Value Mart-tak se groot heropeningsfees het verlede Vrydag, 19 Januarie met groot fanfare plaasgevind en onder die tak se uitsoekgaste was onder andere Ivan Stevens, bekende Bernina-streeksverteenwoordiger. Die heel belangrikste gaste was egter ongetwyfeld die Berninaspan se talle Rustenburg-kliënte wat ‘n groot en belangrike aandeel in Bernina Rustenburg se suksesverhaal gehad het. 
Rustenburg se voorslagvroue (daar is waarskynlik ‘n paar manne ook wie se hande nie vir ‘n goeie naaimasjien verkeerd staan nie) hoef nie van Mariana se aansteeklike passie vir Bernina en bernette-produkte vertel te word nie en sy praat met groot geesdrif en gesag met dames wat meer oor die gesogte reeks Bernina- en bernette-reekse masjiene te hore wil kom. 
Tans is daar by Bernina Rustenburg groot opwinding oor ‘n wye reeks masjiene uit beide die Bernina- en bernette-stal wat in die nuwe tak beskikbaar is. 
Dames word met vrymoedigheid genooi om ‘n afspraak vir ‘n passievoelle demonstrasie te maak. 
Mariana bied ook lesse aan in verskeie segmente van die naaldwerkbedryf en dames kan kies van die heel eenvoudigste, basiese naaldwerktegnieke, tot laslap-, kwilt-, kleremaak-, kreatiewe stikwerk-, masjienborduur-, hekel-, brei en handborduurlesse waarby van beginners tot ervare en gevorderde naaldwerksters groot baat kan vind. Naaldwerk- en masjiengeesdriftiges sal wys wees om Bernina se Facebook-blad dop te hou vir gereelde inligting oor nasionale kompetisies, promosies en werkswinkels wat deur Bernina Suid-Afrika aangebied word. U is ook welkom om ‘n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir meer inligting te stuur of skakel gerus na 014 533 2363 of 081 829 3229. As u soos ons by Bernina persoonlike kontak verkies, nooi ons u om Bernina Rustenburg in die Waterfall Value Mart-sentrum, te besoek. Daar is altyd volop en veilige parkering met sekuriteit beskikbaar.