Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - NG Proteapark se Liggiefees beloof om hierdie jaar weer eens ‘n hoogtepunt op almal se kalender te wees. 
Met meer as 30 stalletjies, die Liggie-express, ‘n 360 “photobooth” en kunstenaars is daar beslis vermaak vir die hele gesin.
Kom kuier saam op 3 Desember 2023 wanneer Adam Tas die Liggiefees afskop met sy immergewilde stories deur musiek en die liggies aangeskakel sal word.

Alle skenkings op hierdie aand gaan vir die koskas. Op 4 Desember kom kuier Bee-Bee die By en Heuning en word groot en klein bederf met talent uit die boeke. Op 5 Desember verwelkom hulle vir Skemer. Die Liggiefees word op 6 Desember afgesluit met Kersliedere onder die sterre en heerlike melkkos. Die motorfietsryers help hulle om skryfbehoeftes in te samel vir Laerskool David Brink en almal wat saam kom kuier op 6 Desember kan ook ‘n bydrae maak. Die terrein sal oop wees tot 24 Desember 2023 vir die publiek om liggies te besigtig.