Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Is jy moeg vir die swak paaie, is jy moeg vir tragiese dienslewering? Wil jy hê die regering moet verander? Wel, die enigste manier om dit te bewerkstellig is deur jou demokratiese reg uit te oefen en in die komende nasionale verkiesing te stem.
Die volgende vraag egter - is jy seker jy sal kan stem? Dit is baie belangrik om van die volgende paar verwikkelinge kennis te neem. 

Met die onlangse verandering aan die kieswet kan kiesers slegs gaan stem by die stempunt waar hulle geregistreer is om te stem. Voorheen tydens nasionale en provinsiale verkiesings was dit nie die geval nie. Hierdie is baie belangrik en voornemende kiesers word versoek om dringend kennis te neem: jy kan slegs stem by die stempunt waar jy geregistreer is om te stem.
Dit is gelukkig heel maklik om te kyk waar jy geregistreer is deur jou ID nommer in te tik by www.elections.org.za. Indien jy sedert die laaste munisipale verkiesing in 2019 verhuis het en jou adres dus verander het, kan jy op dieselfde webwerf jou adres verander of registreer indien jy nog nooit geregistreer het nie.
Oor die naweek van 3 en 4 Februarie 2024 sal personeel van die OVK (Onafhanklike Verkiesings­kommis­sie) by alle stempunte beskikbaar wees om kiesers fisies te help om hul registrasiestatus te bevestig of te wysig. Die meeste politieke partye kan kiesers ook bystaan met die proses en jy kan die prosedure ook self aanlyn voltooi deur bogenoemde skakel te volg. 
Neem ook van die volgende kennis: President Cyril Ramaphosa kan enige dag na 10 Februarie die verkiesing proklameer wat beteken dat geen kieser hierna meer sy besonderhede op die kiesersrol sal kan wysig of kan registreer nie. 
Onthou - ‘n wegblystem beteken dat die regering nie sal verander nie en dat alles dieselfde sal bly. Jou stem word benodig om die uitslag van die komende nasionale verkiesing in Mei vanjaar te verander. 
Laat jou stem tel - maak seker dat jy geregistreer is dat jy op nasionale verkiesingsdag by jou aangewese stembus uitkom.