Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het verlede Woensdag in haar verskyning voor die gekose komitee oor onderwys en tegnologie, sport, kuns en kultuur in verband met die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) tot groot verligting van ‘n beduidende persentasie van die Suid-Afrikaanse onderwyssektor ‘n ommekeer rondom beheerliggame se magte ten opsigte van taal- en toelatingsbeleid gemaak en verskeie toegewings met betrekking tot klousule 5 en 6 van Bela aangekondig. 
Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) verwerk tans die Bela-wetsontwerp, nadat dit op 23 Oktober 2023 deur die Nasionale Vergadering aanvaar is.

Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) moes aan die komitee antwoord oor die mondelinge en skriftelike voorleggings wat vanaf die publiek oor Bela ontvang is. By monde van die minister het die DBO toegewings gemaak op klousules 5 en 6 van Bela, wat beoog om die magte van skoolbeheerliggame in die bepaling van openbare skole se taal- en toelatingsbeleid te stroop. Die voorgestelde klousules het behels dat die departementshoof die beleid van ’n openbare skool moet goedkeur en dat elke beheerliggaam binne 30 dae van inwerkingtreding van die wysigings, hierdie beleid by die departement moet indien. Tans word dié beleid deur die beheerliggaam bepaal binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 en toepaslike provinsiale wetgewing.
Die DBO het toegegee dat die departement nie die sowat 23 000 openbare skole in Suid-Afrika se taal- en toelatingsbeleid hoef goed te keur nie en dat beheerliggame kan voortgaan om self hierdie beleid te bepaal. Die onderwysdepartement sal wel steeds die finale sê daaroor hê. Die twee voorgestelde wysigings is deur die meerderheid van skriftelike en mondelinge openbare kommentaar verwerp. Die publiek se opinie en bekommernisse oor die onbillike inperking van die magte van beheerliggame en die onpraktiese, onuitvoerbare administratiewe las van hierdie voorgestelde wysiging is dus in ag geneem. FEDSAS is bly dat die DBO ag geslaan het op die openbaar se insette.
Die DBO voer aan dat die wysigings ten doel het om transformasie in die onderwyssektor te bevorder en om onderwyswetging in lyn te bring met hofuitsprake. Die toegewing deur die DBO is in lyn met die uitspraak van die Konstitusionele Hof in die 2013-saak van Rivonia Primary School v MEC for Education: Gauteng Province waarin die hof bevestig het dat hoewel die beheerliggaam die taak het om ’n toelatingsbeleid te bepaal en aanvaar, het die Provinsiale Departement van Onderwys steeds beheer oor die toepassing van toelatings by skole. Die departementshoof se besluite oor skole se beleide moet redelik en prosedureel billik uitgeoefen word.
Die Departement het aan die komitee verduidelik dat skoolbeheerliggame reeds beleide vir die skool se finansies, godsdiens en veiligheid bepaal, wat nie aan die departementshoof voorgelê hoef te word nie. Die departement het onderneem om steeds te skakel met skole oor die taal- en toelatingsbeleide en dat kringbestuurders die beleid sal monitor. Alhoewel hierdie ommekeer deur die DBO verwelkom word, wag FEDSAS nog op die finale voorgestelde bewoording deur die NRP. Die komiteevoorsitter, mnr Elleck Nchabeleng, het gesê dat die komitee die voorstelle van die DBO in ’n latere stadium sal bespreek. Die provinsiale verhore deur die NRP is in die meeste provinsies reeds afgehandel. Die Wes-Kaap se laaste openbare verhore is op 4 April 2024. Kommentaar kan aan die Wes-Kaapse Provinsiale Wetgewer gestuur word tot en met Donderdag, 4 April, 2024. Kommentaar kan per e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. gestuur word, per WhatsApp na 060 250 6165 of via ‘n Google-vorm by https://forms.office.com/r/hKVpkPGbbY. Beheerliggame, ouers en onderwysbelanghebbendes word aangemoedig om kommentaar te lewer oor die belangrike wetsontwerp, terwyl daar nog ’n kans is.