Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Is jy dalk al 'n bietjie "silwer" op die voor- of agterkop en dalk 'n kind van die sewentigs? 
Onthou jy nog die lekker opskop-aande op die maat van Rustenburg se voorste orkes - die Rustlers?  Nouja, baie rede om fees te vier en 'n heerlike makietie te hou. "The Rustlers" Van Toeka tot Nou met al die "Golden Oldies" - kuier op Saterdag, 6 April, vanaf 10:00 - 21:00 by Casa Bella Guest Lodge op die R24 (ou Johannesburgpad) net buite Rustenburg.  Tafels en stoele word voorsien in die saal, bring eie eetgoed, drinkgoed, koelboks, eetgerei, glase en gasbraaier indien jy wil braai.

"Platters" kan vooraf by Ruth by Casa Bella (082 524 6530) bestel word. "Put on your dancing shoes" en kom geniet hierdie spesiale en besondere kuier saam met die twee oorblywende Rustlerlede in Rustenburg, Hennie Coetzer en Dries van Zyl. Basie Joubert (woonagtig in Australië) kan ongelukkig nie die geleentheid meemaak nie. Navrae kan gerig word aan Magda by 066 197 1657. Maak sommer 'n groot aantekening van volgende Saterdagaand en kom sluit 'n groot en belangrike, maar ook die lekkerste hoofstuk in Rustenburg se geskiedenis op die spreekwoordelike hoë noot af!