Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Leonardo da Vinci het gesê: “Bestudeer die wetenskap van kuns. Bestudeer die kuns van wetenskap. Besef dat alles verbind is aan alles anders.” 
Hiérmee stem doktor Jaco Meyer, oud-inwoner van Rustenburg heelhartig saam. “Die musiek wat ek komponeer is meestel konseptueel en hou verband met kuns. Ek hou baie van moderne en konseptuele kuns en probeer hard om die kuns en musiek op ‘n manier by mekaar uit te kry. Met konseptuele musiek bedoel ek meestal dat ek musiek skryf wat ‘n geïnteresseerde persoon se brein aan die gang sal sit.”

Inwoners van Rustenburg sal grootendeels die naam van Meyer met orrelspel assosieer, aangesien hy in die verlede bykans elke Sondag die orrel in een van ons plaaslike kerke getokkel het. Dit blyk dat Rustenburg uit sy nate bars met ons plaaslike talent wat nie net nasionaal nie, maar ook internasionaal opslae maak. Meyer het vroeg in sy loopbaan begin belangstel in hoe kuns en musiek by mekaar kan uitkom en het toe begin om musiek te skryf wat gebaseer of geïnspireer is deur kunswerke.
Geskool in Rustenburg, gee Meyer erkenning aan sy eerste musiekonderwyseresse, Debbie Mostert en Louise Vermaak. “Ek het my eerste klavier op 15-jarige ouderdom gekry en moes hard werk om by Graad 7-musiekvlak te kom in matriek.”
“Ek het in matriek orrel as ‘n tweede instrument aangepak by Renate Nel en mev. Vermaak het gevoel dat ek potensiaal het om meer van my eie musiek te komponeer en sy het my ook aangespoor om musiek te studeer by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.”
Aan die einde van Meyer se (vele) studentejare het hy begin aansoek doen vir werk - ook in Rustenburg, maar hy het uiteindelik reggekom in die Goudstad. “Ek is baie bly dat ek in Johannesburg is, want hier is baie geleenthede, die mense is baie ‘oop’ vir nuwe en onkonvensionele idees met musiek, daar is baie musiekuitvoerings en kunsuitstallings en ek is naby mense wat in dieselfde area as ek werk of dieselfde denkwyse het.”
Tans werk Meyer as ‘n komponis en akademiese navorser. “My werk as komponis hou sterk verband met my werk as orrelis, want ek het baie keer koraalvoorspele en variasies gekomponeer vir kerkdienste en dit dan self uitgevoer. Omdat my werk as komponis sterk posgevat het, speel ek glad nie meer self nie, maar spits my toe op pen-en-papier. Ek komponeer vir verskillende instrumente en ek doen navorsing in musiek. Om kreatief te kan werk, moet ‘n mens passie hê. Ek maak seker dat ek die instrument waarvoor ek komponeer baie goed verstaan en dan werk ek saam met ‘n uitvoerder om my idees te toets en dan begin ek skets. Ek glo dat elke liewe noot soos ‘n legkaart in mekaar moet pas, daarom vat dit my baie lank om daardie legkaart te skep en te bou.”
Meyer se lys van talente is nie net musiekverbonde nie. Hy is ook ‘n familieman, ‘n gekwalifiseerde sommelier, versamel wyn en kuns en het beslis nie van sy herkoms vergeet nie. “My ouers bly nog in Rustenburg, so ons beweeg nog tussen die Platinum- en Goudstad.”
Meyer se lys van musikale hoogtepunte:
*    BMus (tesame met sielkunde, Duits en statistiek)
*    MMus voltooi (cum laude, met toekenning ontvang vir beste prestasie in die fakulteit)
*    Nagraadse Diploma in Onderwys (cum laude)
*    Doktorsgraad in Musiekanalise
*    “Fellowship” of the Trinity College of London (FTCL) in komposisie
*    Meestersgraad in die Kunste (cum laude)
*    Tans besig met n Honneursgraad in kliniese sielkunde
*    National Research Foundation (NRF) plaas Meyer onlangs op hul Y-skaal (‘n toekening vir navorsers onder 35 wat belowende navorsing in hulle veld doen).