Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Vlieëniers van regoor Suid-Afrika het die afgelope Saterdag hul tuis gemaak by Airspan Aerodrome vir ‘n verskeidenheid van aktiwiteite rondom vlugkuns. 
Die hoofdoel van die byeekoms was ‘n “Formation Flying”-seminaar wat oor twee dae aangebied is deur die Experimental Aircraft Association (EEA). Daar is saam geleer, gelag en gesels, maar bowenal, gevlieg!
Karl Jensen, afgetrede Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL)-kaptein, was een van die kleurryke karakters wat die geleentheid bygewoon het. Jensen is tans inwoner van Johannesburg, maar ten spyte van sy aftrede uit die nasionale lugdiens, het sy passie vir vlieg en vliegtuie nie getaan nie.

Sy Cessna 170B was een van die vliegtuie wat beslis die oog getrek het - veral omdat dit reeds in 1955 vervaardig is en nog steeds met die oorspronklike verf van dié era (“Art deco”) spog. 
Jensen het verduidelik dat hy al 28 jaar eienaar van “Zu-Val” (sy oorlede vrou het Val geheet) is en dat dié vliegmasjien se eertydse eienaar van Kalifornië afkomstig is. Om vlieg as ‘n stokperdjie te beoefen, mag wel baie aanloklik klink en avontuurlik lyk, maar Jansen het verduidelik dat dit sowat 12 jaar neem om ‘n lugrederylisensie te bekom en dat dit ongeveer R1 000 beloop om ‘n klein vliegtuig vir ‘n uur in die lug te hou - en hy weet beslis waarvan hy praat. 
Jansen het 27 800 vliegure agter sy naam en is die wêreldrekordhouer vir die vinnigste vlug ooit - 6 500 kilometer per uur vir ‘n vlug vanaf Miami na Johannesburg. Maar dis nie al nie - wanneer “oom Karl” begin vliegstories gesels, kan mens nie anders as om aan sy lippe te hang nie. Sy wedervaringe sluit ‘n onderonsie met ‘n aspirant-kaper in 1988 in en vyf “blinde” landings in ongure weersomstandighede - in die “goeie ou dae” voordat instrumentpanele bykans heeltemal op tegnologie vertrou het.
Jansen sou die dag afsluit met ‘n vlug oor Hartbeespoortdam - ‘n pretvlug vir ‘n eertydse Boeing 747-vlienieër. Hoekom dan nou nie?