Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Maak ‘n kruis in die dagboek vir eerkomende Saterdag (14 Oktober) se Oktoberfest by Brauhaus Afrika. Die dag beloof om ‘n viering van die lente en ‘n warm inleiding vir die somer te wees onder die Afrika hemel met groot feestente, brasmusiek en aansluitende mark. Cantina Brass gaan die verhoog domineer met hulle energieke repertoires. 
Die organiseerders het hulle al menigde keer op die verhoog ervaar en besluit dat hierdie passie na Rustenburg toe moet kom. Die orkes beperk hom nie na ‘n spesefieke styl nie en het sy eie, unieke klank ontwikkel sedert dit in 2014 gevorm is. 

Brauhaus Afrika met sy pragtige uitsig en ruim grasperk is die ideale plek vir ‘n Suid-Afrikaanse Oktoberfest. 
Die brouery se beste biere is soos altyd verfrissend op ‘n warm dag, ‘n ideale metgesel teen die hitte wanneer jy die 70 uitstallers besoek. Daar is 'n groot verskeidenheid ware op die mark beskikbaar, met ou bekende uitstallers sowel as nuwe gesigte wat vir die eerste keer deelneem. Die restaurant is deurentyd oop en daar is sedert die laaste markdag baie belê in ekstra sitplek en koelte op die gewilde dek. 
Parkrunners hoef nie te bekommer nie, die gereelde 5km Parkrun gaan soos normaal voort en Parkrunners word genooi om by feesgangers aan te sluit vir ‘n bier. Hekke open amptelik om 09:00 en die toegangsfooi beloop R50 vir die dag. Kinders onder 12 is gratis.