Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die Omgee-fees en Love Run is voorwaar `n fees van onvoorwaardelike liefde en omgee. Indien jy betrokke wil raak is jy welkom, want sien, hier gaan dit nie oor `n kerk of `n organisasie nie, maar eerder oor omgee-hartsmense wat hande vat vir die groter doel van omgee. Die fees skop om 07:00 af met die sewende Love Run, waar jy slegs `n blikkie of 10 nie-bederfbare kos saambring as registrasie, om honger gesinne van `n voorraad kos te voorsien vir `n tydperk. `n Propvol vermaaklikheidsprogram word aangebied deur skole, dansgroepe en kunstenaars; alles ter wille van omgee. `n Netbaltoernooi, modelkompetisie, stalletjies om van te kies en keur, sowel as `n opwindende en veilige speelarea vir die kleiner kinders.


Kaartjies ter ondersteuning van die fees, met wonderlike pryse te wen, is nou reeds beskikbaar by die kerkkantoor. Indien jy `n slag het om kaartjies te verkoop vir `n goeie doel of om self `n kans te waag op `n fantastiese prys, soos onder andere `n 10-dag vakansie in Hartenbos, kom ondersteun hulle asseblief.
Dagboek 28 Oktober 2023 as `n Omgee-dag op jou kalender; wanneer almal iemand help. Vir meer inligting kan die volgende persone gekontak word: Retha Nel – Love Run – 083 651 2856, Linda Grobler – Optredes – 083 292 5654, Erika Coetzee – Stalletjies – 084 611 1121, Brenda Klopper – Charities – 072 356 8781, Christel Herbst – Modelkompetisie – 082 785 2439, Marie Williams - Kaartjieverkope – 083 545 1503.