Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - SWARTRUGGENS - Of jy nou op soek is na leesstof vir vakansie op die strand, of sommer net vir asemskep in jou eie leesstoel by die huis, is ‘n liefdesverhaal in die kol.
Bosnimf is ‘n storie uit die pen van Swartruggens-skrywer, Mariëtte Wenhold en word deur LAPA Uitgewers uitgegee. 

Die leser maak kennis met Pippa Terblanché. Pippa ontdek haar verloofde verkul haar met haar beste vriendin. Sy besluit om van alles te ontsnap, verkoop haar meenthuis, laat stoor haar meubels en gaan op reis na die Hoëveld met net ’n tent en ’n kamera.  Op die eerste dag van haar avontuur verdwaal sy. 
’n Bebaarde boer genaamd Hein Müller kom tot haar redding, brand in die proses per ongeluk haar tent af en só beland sy op sy gasteplaas. 
Toe Pippa agterkom daar is byna elke naweek ’n troue op die plaas, bied sy haar dienste as troufotograaf aan en bly baie langer op Albesmeer as wat sy beplan het.Namate sy Hein beter leer ken, begin sy al hoe meer oor hom wonder: Waarom is hy soms warm en soms koud? En waarom het hy haar daardie een keer Anrike genoem – die naam van sy oorlede vrou? Rou Hein nog oor haar of is hy gereed om weer lief te hê? 
En kan Pippa weer ’n man met haar hart vertrou?
Vir meer inligting oor Bosnimf, besoek LAPA se webwerf.