Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die laaste byeenkoms van Rustenburg Leeskring vind op 28 November by Chestnutlaan 3, Proteapark plaas en begin om 15:00. 
By dié geleentheid word Eleanor Baker se eerste roman, Wêreld sonder einde, onder oë geneem en gaan die lede besluit of hierdie boek wat in 1972 verskyn het, die toets van die tyd deurstaan het. 

Alida Steyn gaan die bespreking lei. Almal is welkom, al kon u nie die boek lees nie. Na hierdie afsluitbyeenkoms gaan die Leeskringlede tot in Januarie 2024 lees wat hulle wil. Skakel of whatsapp Micky Badenhorst by 072 223 6841 vir meer inligting.