Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - In 'n saak wat op kringte-levisie vasgelê is en soos 'n veldbrand onder Rustenburgers versprei het, blyk dit nou dat die moordenaars van Ben Gumbi (wat op 23 Augustus 2023 vermoor is) nou uiteindelik aan die pen ry.
Verlede week is Sibongiseni Ngubane (33) en Thabani Lethukuthula Gwala (30), albei skuldig bevind aan moord en die besit van 'n ongelisensieërde vuurwapen. Beide is tot lewenslange tronkstraf vir moord gevonnis en 15 jaar tronkstraf vir die wapenaanklag. 

Tydens 'n onderhoud met Rustenburg Herald, het luitenant-kolonel Patric Murunwa, hoof van die Trio Taakspan in Bojanala sub-distrik 2, vertel dat Gumbi se dood inderdaad as 'n kontrakmoord gereken word - aangesien getuienis wat in die hof gelewer is bevestig het dat Lethukuthula R15 000 ontvang het na Gumbi se dood. 
Gumbi se moord, wat helder oordag plaasgevind het toe hy en sy vrou, Heidi, by 'n plaaslike koffiewinkel gestop het vir hul oggendkoffie, het die dorp geruk weens die blatante wreedheid en totale verontagsaming van die reg toe Gumbi se lewe klaarblyklik doodluiters geneem is. 
Lt-kol Murunwa het vertel dat Ngubane ongeveer 'n maand na die aanval in Germiston aangekeer is en in November 2023, is Lethukuthula in Hillbrow aangekeer.
Die derde verdagte, Zimele Mntuyazi Nkwanyana (nou 37) is vroeg reeds in die ondersoek identifiseer, maar het op die vlug ge-slaan en die polisie ontduik tot en met 9 Oktober van hierdie jaar, toe hy uiteindelik in Port Shepstone aangekeer is. Lt-kol Murunwa het bevestig dat Nkwanyana ten tye van die moord op parool was (in KwaZulu-Natal), nadat hy in 2022 vrygelaat is tydens die sogenaamde "Covid-amnestie" om oorbe-volking in tronke te verminder. 
Nkwanyana het dus een van sy paroolvoorwaardes verbreek toe hy die provinsie verlaat het en hy en sy medepligtiges meer as 700 km gereis het om die moord op Gumbi uit te voer. Sedert die begin van die ondersoek, kon daar nog geen verbintenis tussen die ver-dagtes en Gumbi gevind word nie.
Sersant Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die polisie in Bojanala sub-distrik 2, het aan Rustenburg Herald genoem dat hy begrip het vir die feit dat die publiek ontstoke sal wees nadat 'n gewelddadige krimineel soos Nkwanyana op parool vrygelaat is en die daaropvolgende jaar 'n lewe geneem het. "Die SAPD sal die Departement van Korrektiewe Dienste in Greytown (KZN) in kennis stel van die feit dat Nkwanyana sy paroolvoorwaardes verbreek het en daar sal 'n ondersoek plaasvind."
Murunwa en Mokgadi het ook bevestig dat die ondersoek steeds voortduur, aangesien die "meesterbrein" agter die moord nog soek is en die motief vir die moord nog nie bekend is nie. "Ons gee babatreë, maar ons is vasberade om die saak volledig op te los," het Mokgadi gesê.
Nkwanyana sal op Vrydag, 17 Oktober, weer in die plaaslike landdroshof verskyn vir borgaansoek, maar volgens lt-kol Marunwa behoort dit nie toegestaan te word nie, weens sy paroolvoorwaardes wat verbreek is.